Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Skryf nog in vir Sagtevrugtebedryf se merietepryse

Diegene wat nog vir die Suid-Afrikaanse Sagtevrugtebedryf se jaarlikse merietepryse wil inskryf moet opskud – die inskrywings sluit Dinsdag.

Die gala-aand waarop die pryswenners aangewys word, sal in September aanlyn of as ’n hibriede geleentheid aangebied word.

Die merietepryse word vanjaar vir die 46ste keer aangebied, en vereer die ware staatmakers en raakvatters in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf.

Die kategorieë is as volg:

  • Algemene landbouwerker;
  • Spesialis-landbouwerker;
  • Gevorderde landbouwerker;
  • Nuwe toetreder;
  • Prys vir navorsing en tegnologie;
  • Izethelo-prys vir uitmuntende joernalistiek in die vrugtebedryf; en die
  • O.S.H. Reinecke-bedryfsleier-prys.

Die bedryfsvennote wat by die sagtevrugtepryse betrokke is, sluit in die produsenteverenigings Hortgro Pome en Hortgro Stone, die Tafeldruifbedryfsliggaam, die Inmaakvrugteprodusentevereniging, Raisins SA en die Landbounavorsingsraad.

Sagtevrugte sluit appels, pere, appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedante, kersies, tafeldruiwe en gedroogde druiwe in – gewasse wat hoofsaaklik in die Wes- en Noord-Kaap verbou word.

Vir meer inligting of om die inskrywingsvorm af te laai, besoek https://www.deciduousfruitindustryawards.co.za/

Meer oor:  Landbou  |  Vrugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.