Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Só lyk top- Kaapse versnitte

Die room van die Suid-Afrikaanse wynbedryf se pinotageversnitte is onlangs in Stellenbosch vereer, en het nie net gewys dat die Perold Absa Kaapse Versnit-kompetisie van krag tot krag gaan nie, maar dat die gehalte van die inskrywings ook elke jaar bly toeneem.

Die vyf topwyne in vanjaar se Perold Absa Kaapse Versnit-kompetisie. Foto: Andrew Gorman

Dié wynkompetisie vir Kaapse versnitte is vanjaar in sy negende jaar en die toekenningsgeselligheid is aan die einde van Augustus op die wynlandgoed Lanzerac in Stellenbosch gehou.

Die vyf topwenwyne van die kompetisie is onderskeidelik:

  • Asara Vineyard Collection Cape Fusion 2016 (shiraz, pinotage en malbec): Die wynmaker is Ja­nette van Lill.
  • Clos Malverne Spirit of Malverne Limited Release 2015 (pinotage, cabernet sauvignon, shiraz en malbec): IP Smit is die wyn­maker.
  • Kaapzicht Steytler Vision 2017 (cabernet sauvignon, pinotage en merlot): Danie Steytler is die wynmaker.
  • KWV Abraham Perold Tributum 2012 (pinotage, cabernet sauvignon, shiraz, petit verdot en pe­tite sirah): Izélle van Blerk is die wynmaker.
  • Wildekrans Cape Blend Barrel Select Reserve 2016 (pinotage, cabernet sauvignon, pinot noir en shiraz): Braam Gericke is die wynmaker.

KWV het vanjaar weer sy slag in die kompetisie gewys, met sy KWV Abraham Perold Tributum wat ’n sesde keer as ’n wenner by die Kaapse Versnit-kompetisie gekies is. Volgens die Pino­tage Assosiasie, die organiseerder van dié kompetisie, was nog geen ander wynprodusent al só suksesvol nie.

Die wynlandgoed Wildekrans is die enigste produsent wat vanjaar wenwyne in sowel die Pinotage Top-10- én Kaapse Versnit-kompetsie opgelewer het. Dié landgoed het dan selfs twee finaliste in die Pinotage Top-10-kompetisie gehad.

Wat wyn van oorsprong betref, kom drie van vanjaar se vyf wenwyne vanuit Stellenbosch.

Volgens die Pino­tage Assosiasie was die gemiddelde prys van die top-pinotageversnitte in die 2019-kompetisie R350 per bottel – ’n verdere teken van Kaapse versnitte se sogenaamde vlagskipstatus, aldus die Assosiasie.

En wat versnitkomponente betref, was shiraz vanjaar by uitstek die gewildste. Dit het in vier van die vyf wenwyne voor­gekom.

Volgens Wilhelm Pienaar, sameroeper van die beoordelaarspaneel, gebruik die wyn­makers almal hoëgehaltepino­tage en ander druifsoorte in hul wyne. Dit is nie net bemoedigend nie, maar ook ’n bewys van hoe belangrik hierdie wynstyl geword het, het hy gesê.

De Wet Viljoen, visevoorsitter van die Pino­tage Assosiasie, was dit eens dat vanjaar se inskrywings van ’n uitstaande gehalte was. Daarbenewens was balans, elegansie en struktuur ook in oorvloed.

Die ander finaliste in vanjaar se kompetisie is: Beyerskloof Faith 2016, Flagstone Dragon Tree Cape Blend 2017, Cape West Cabernet Sauvignon/Pinotage 2018 (Namakwa-wyne), Rooiberg Winery Reserve Cape Blend 2015 en Wellington Wines La Cave Cape Blend 2016.

Die wenners van die Absa Pino­tage Rosé-kompetisie is saam met die Kaapse Versnit-wenners op Lanzerac aangewys, en dieselfde beoordelaarspaneel het die wyne beoordeel.

Die wenwyne vir 2019 is:

  • Alvi’s Drift Signature Pino­tage Rosé 2019: Dr. Alvi van der Merwe is die wynmaker.
  • Beyerskloof Pinotage Dry Rosé 2019: Anri Truter is die wyn­maker.
  • Landskroon Blanc de Noir Pinotage Off-Dry 2019: Michiel du Toit is die wynmaker.
  • Windmeul Pinotage Rosé 2019: Abraham van Heerden is die wynmaker.
Meer oor:  Wynbedryf  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.