Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Só word talent in bedryf ontwikkel

Die Produce Marketing Association (PMA) van Suider-Afrika se Fresh Connections-konferensie- en -handel­skou bring die vereniging se vyf fokusareas byeen, aldus die PMA.

Dít sluit in: talent, volhoubaarheid, die skep van ’n vraag na varsprodukte, wetenskap en tegnologie, sowel as globale en Afrika-konneksies.

“Wat talent betref, fokus die PMA se Center for Growing Talent (CGT) daarop om jong talent na die varsproduktebedryf te trek, die talent wat reeds daar is te behou én dan verder te ontwikkel,” verduidelik Lindie Stroebel, die hoofbestuurder van PMA Suider-Afrika, in aanloop tot hul negende Fresh Connections-konferensie in Kaapstad volgende maand.

“Die CGT bied drie programme by die Fresh Connections-konferensie aan wat dié fokus bespreek,” sê sy.

Die Women’s Fresh Perspectives-ontbyt bring sakeleiers, vroue en mans in die bedryf byeen om te netwerk en by ’n inspirerende spreker te leer.

Vanjaar se gasspreker is Caroline Ravenall, ’n ervare leierskapskonsultant, wat vir tien jaar ’n hoë posisie by die sakemagnaat en filantroop sir Richard Branson se Virgin Group beklee het.

Sy gaan haar ervaringe en sakelesse met gaste deel, sowel as waardevolle insig oor hoe om uitbranding in die werksomgewing te voorkom.

Die Young Professionals-ontbyt word vir persone 35 jaar en jonger aangebied wat ’n professionele beroep in die varsproduktebedryf beklee.

Op hierdie ontbyt kry gaste die geleentheid om na ’n spreker uit die bedryf te luister wat sy suksesverhaal met hulle gaan deel. Daarbenewens sal hulle ook met eweknieë in die bedryf kan gesels.

Die Young Professionals-ontbyt word vir persone 35 jaar en jonger aangebied wat ’n professionele beroep in die varsproduktebedryf beklee.

CGT werk ook nou saam met die Citrus Academy in die aanbieding van die Career Pathways-program vir studente van verskeie universiteite. Dié program sluit ’n paneel sprekers in wat hul daaglikse ervaring in die  varsproduktebe-

dryf met studente deel, asook loopbaan-ambassadeurs wat studente se vrae gaan beantwoord en hulle help om die beste te maak van netwerkgeleenthede gedurende die konferensie.

CGT skep só ’n platform vir gesprekvoering tussen studente, jong professionele persone in die bedryf en potensiële werknemers.

  • Jou kontak: Die Fresh Connections-konferensie en -handelskou word vanaf 30 tot 31 Julie by die Century City-konferensiesentrum in Kaapstad gehou. Diegene wat daarin belangstel om die sakeontbyte Young Professionals en Women’s Fresh Perspectives by te woon, kan op www.pma.com/FCSouthernAfrica daarvoor registreer.
Meer oor:  Landbou  |  Talent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.