Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Studiebeurs lei tot sy droomwerk

Die eerste ontvanger van die Nuy-wynkelder se studiebeurs het sy landboustudie suksesvol voltooi en is nou by dié kelder in die Breederiviervallei werksaam.

Louis Martin (23), oorspronklik van die Paarl, het die studiebeurs in 2019 ontvang.

Luidens ’n verklaring wat deur die kelder uitgereik is, was hy aanvanklik in 2017 as parshulp en later as intern by die Nuy-wynkelder werksaam.

Martin het met behulp van die beurs boerderybestuur aan die Boland-kollege in Worcester studeer. Een van die voorwaardes van die beurs was dat Martin ná afloop van sy studie sy loopbaan by die Nuy-wynkelder moet voortsit. Hy is in Januarie vanjaar as assistentwynmaker daar aangestel. “Wingerdboukunde was my eerste beroepskeuse. My liefde vir wynmaak het by die Nuy-wynkelder ontkiem,” sê Martin.

Sy toekomsplanne fokus tans om munt te slaan uit die geleentheid wat die wynkelder hom bied. Hy wil sy kundigheid ontwikkel onder die wakende oog van sy mentors, Paul Burger en Christo Pienaar, keldermeester van Nuy.

As jy Pienaar vra oor waarom die kelder die beurs aangebied het en of hulle dit weer sal oorweeg, sê hy: “Ons was opgewonde oor die potensiaal wat ons in Louis raakgesien het en sal graag weer die beurs aanbied sou ’n verdienstelike kandidaat na vore tree.”

Luidens die verklaring is die Nuy-wynkelder en sy raadslede geesdriftig oor Martin se toekoms by die kelder en sien daarna uit om sy loopbaan in die bedryf te volg. – Landbou-redaksie

Meer oor:  Landbou  |  Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.