Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Suiwelkompetisie lok net bestes

Ondanks uitdagende omstandighede het die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe vanjaar byna 900 inskrywings gelok.

Die kampioenskappe is die grootste en oudste suiwelkompetisie in die land, en word al sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied.

Die beoordeling is vanjaar oor twee dae vanaf 25 Februarie by die Elsenburg-landboukol­lege buite Stellenbosch gedoen. Dit was voorheen, vanaf 1995 tot 2004, vir tien jaar lank daar aangebied, lui ’n verklaring wat deur Agri-Expo uitgereik is.

“Dit is ’n besonderse prestasie deur die suiwelbedryf om in hierdie moeilike jaar so ’n enorme aantal produkte in te skryf,” sê Johan Ehlers, die uitvoerende hoof van Agri-Expo, oor al die inskrywings.

“Dit is ook opwindend dat daar uit die 68 deelnemende vervaardigers boonop agt nuwe deelnemers tot die kampioenskappe toegetree het.”

Van links na regs is Breyton Milford (bedryfsbestuurder van Agri-Expo), Marlene van der Westhuizen (beoordelaar en glanssjef), Johan Ehlers (Agri-Expo se uitvoerende hoof), Yumna Seedat (nuweling-beoordelaar en produkontwikkelaar by Woolworths) en Alan Fourie (hoofbeoordelaar) tydens die beoordeling van die 2021 SA Suiwelkampioenskappe. Foto: Verskaf

Die beoordeling moes vanjaar in twee dae verdeel word met slegs 30 beoordelaars per dag.

Volgens die hoofbeoordelaar, Alan Fourie, is die kampioenskappe een van die enigste kompetisies ter wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik. “Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe skep ’n spesiale platform om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. Net die beste van die beste van elke vervaardiger word ingeskryf en daarom het die beoordeling die nasionale maatstaf geword waarvolgens groot én klein vervaardigers – van internasionale maatskappye tot kleinkaasmakers – hulself jaarliks teen mekaar meet.”

Die wenner in elk van die meer as 100 klasse word as SA kampioen bekroon, terwyl produkte van besondere hoë gehalte ook die Qualité-merk van gehalte ontvang.

Daarbenewens wys ’n paneel van vyf kundiges ook die Produk van die Jaar aan.

Die wenners word op 26 Maart aanlyn aangekondig.

Belangstellendes kan vanaf 19:00 by www.cheesesa.co.za/sa-dairy-awards inskakel.

Meer oor:  Suiwel  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.