Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Vanuit die wingerd: ’n Eerste vir SA, Tokara

Suid-Afrikaanse wyne het vanjaar uitgeblink by een van die wêreld se mees uitgelese wynkompetisies vir sauvignon blanc.

Die Stellenbosse wynlandgoed Tokara se Reserve Collection Sauvignon Blanc 2020 het geskiedenis gemaak toe dit die Dubourdieu-trofee ontvang het vir die beste sauvignon blanc by die 12de Concours Mondial du Sauvignon.

Dit is die eerste maal in die geskiedenis van dié kompetisie dat ’n Suid-Afrikaanse wyn hierdie titel opraap, lui ’n verklaring.

Stuart Botha (links), wynmaker by Tokara buite Stellenbosch, en RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA. Foto: VERSKAF

Daarbenewens het Suid-Afrika ook 11 goue en nege silwermedaljes gewen. “Suid-Afrika is deesdae ’n waardige wêreldspeler as dit by sauvignon blanc kom,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA.

“Baie geluk aan Tokara met hierdie uitsonderlike prestasie en aan al die ander deelnemers wat uitgeblink het en die Suid-Afrikaanse vlag internasionaal hier hoog gevlieg het. Dis jare se harde werk wat nou vrugte afwerp. Ons is verheug en opgewonde met die diversiteit van ons wynbedryf wat in hierdie resultate gereflekteer word.”

Stuart Botha, wynmaker by Tokara, sê hulle het die 2020-oesjaar doelbewus later in die jaar uitgereik om die sap meer tyd op die gismoer toe te laat. Hierdie besluit het uitstekende vrugte afgewerp. “Die wyn het ’n fantastiese tekstuur in die mond. Dit is die X-faktor waarvoor ek nog altyd gesoek het.

Tokara se Highlands-plaas (in Elgin) het nog altyd geure en aromas uiters goed uitgedruk. Dit was fantasties om al hierdie elemente in hierdie spesiale oesjaar vas te vang. Ons het nog altyd geglo die ligging van Tokara Highlands het buitengewone potensiaal en dit is lekker om te sien dit het wel by hierdie vooraanstaande kompetisie gerealiseer.”

Meer as 1 200 wyne is vanjaar deur ’n paneel beoordelaars oor vier dae beoordeel, om slegs die wyne van die mees hoogstaande gehalte te identifiseer.

Die volgende Suid-Afrikaanse wyne het goue medaljes gewen:

Alvi’s Drift Reserve Sauvignon Blanc 2020, Delaire Graff Coastal Cuvee Sauvignon Blanc 2015, Diemersdal The Journal Sauvignon Blanc 2019, Elgin Vintners Sauvignon Blanc 2020, Ghost Corner Sauvignon Blanc 2020, Ghost Corner Wild Ferment 2019, Groote Post Seasalter 2020, Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019, Painted Wolf Lightning Sauvignon Blanc 2020, en die Elgin Vintners Ridgelands Sandstone 2020.

Meer oor:  Tokara  |  Sauvignon Blanc.  |  Kompetisie  |  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.