Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wenner reg vir wynmentorskap

’n Student (21) van Khayamandi buite Stellenbosch is as die eerste wenner van ’n versnelde vaardigheidsprogram in die wynbedryf gekies, wat haar gaan toelaat om vanjaar saam met leiersfigure in die bedryf te werk en van hulle te leer.

Aphelele Mvamva (21) van Khayamandi, waar sy verlede jaar aan die Pinotage Youth Development Academy gradueer. Sy is vanjaar die eerste student wat aan Drostdy Hof se mentorskapprogram deelneem wat haar sal help om ’n vastrapplek in die wynbedryf te kry. Foto: Keli van der Weijde

Aphelele Mvamva is einde verlede jaar as die wenner van die jaarlange mentorskapprogram gekies wat deur Drostdy Hof geborg word. Sy was toe nog ’n student van die Pinotage Youth Development Academy (PYDA) in Stellenbosch – ’n organisasie wat matrikulante voorberei vir ’n loopbaan in die wyn-, toerisme- en verwante sektore – en moes ’n deurtastende keuringsproses deurgaan om vir die program gekies te word, lui ’n verklaring.

Mvamva het aan die Makupula Secondary School gematrikuleer. Die mentorskapprogram waaraan sy nou deelneem is gemik daarop om haar loopbaan in die wynbedryf te versnel, sowel as om haar blootstelling te gee aan deskundiges op die gebied van wingerdbou, wynmaak, volhoubaarheid, bemarking en verbruikerstendense. Daarbenewens sal sy ook oorsee reis en verskeie weke in Swede deurbring – een van Drostdy Hof se sleutelmarkte –waar sy verbruikers en lede van die kleinhandel en restaurantbedryf sal ontmoet.

Volgens Liezl Dippenaar, Drostdy Hof se internasionale bemarkingsverteenwoordiger, het die handelsmerk besluit om in vennootskap met PYDA te tree weens laasgenoemde se uitnemende reputasie wat tegniese en indiensopleiding betref.

Daar word ook klem gelê op die persoonlike ontwikkeling van studente.

“Al die kandidate op die kortlys het in 2019 by PYDA afgestudeer. Hoewel elkeen van hulle ’n waardige aanspraakmaker in eie reg was, was dit, naas soliede akademiese prestasie en goeie interpersoonlike vaardighede, Aphelele se drang om te slaag wat die deurslag gegee het.

“Dis duidelik sy sien uit na die harde werk wat nodig is om binne die bestek van ’n jaar haar vaardighede te verhoog. Sy beskik oor enorme energie, wil ’n verskil maak in die lewens van ander en eendag haar eie sakeonderneming bedryf.”

Volgens Dippenaar tel die volgende bedryfsleiers onder Mvamva se leermeesters vanjaar: Andrea Freeborough van Distell, wat haar sal blootstel aan wynbou en kelderpraktyke; en Jacques Rossouw, ’n leidende kenner op die gebied van volhoubaarheid. Daarbenewens sal Mvamva ook tyd by Bridgitte Backman deurbring, ’n kenner op die gebied van korporatiewe en regulatoriese aangeleenthede.

Meer oor:  Wyn  |  Wynbedryf  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.