Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wenners van 187 jaar oue Jongwynskou gou bekend

Die wenners van een van Suid-Afrika se oudste wynkompetisies, die Suid-Afrikaanse Jongwynskou, word aan die einde van die maand op ’n galadinee naby Bonnievale bekend gemaak.

Altesaam 1 455 voornemende sterre van die 2019-oesjaar ding vanjaar om goue medaljes en trofeë mee.

Die beoordeling is verlede maand in die Nederburg-wynkelder in die Paarl gedoen. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die wynskou dat die beoordeling binne ’n kelder plaasvind, lui ’n verklaring.

Die Jongwynskou is nou al in sy 187ste jaar nadat dit die eerste keer in 1833 gehou is. Deelnemers ding mee om 17 trofeë, terwyl slegs een inskrywing as die algehele kampioenjongwyn aangewys en met die gesogte Generaal Smuts-trofee bekroon sal word.

Die Pietman Hugo-trofee word weer aan die kelder toegeken wat die hoogste totale punte vir inskrywings in vyf kategorieë kry.

Vir die eerste keer in ’n geruime tyd het die chenin blanc-klas vanjaar die meeste inskrywings ontvang (152), gevolg deur die klas vir enige rooikultivar­versnit (122), shiraz (117), sauvignon blanc (113) en pinotage (109).

Die 2019-oesjaar was weer eens ’n uitdagende jaar vir die land se wynmakers en wingerdboukundiges. Christo Pienaar, die voorsitter van die Jongwynskou, sê in die verklaring dat die moeilike weerstoestande vanjaar bygedra het tot ’n kleiner oes.

Ondanks die kleiner oes, is daar ’n gees van groot afwagting en opwinding in die bedryf om te sien wat die uitslae sal wees.

Die galadinee word vanjaar op 24 Augustus by die Angora Stud-lokaal aangebied deur die Robertson-wynvallei.

Meer oor:  Landbou  |  Wyntoekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.