Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wyn-erepenning: Wie ontvang dit vanjaar?

Die wynbedryf se kalender begin Donderdag met ’n hoogtepunt wanneer ’n nuwe wynikoon op sy Wynoesherdenkingsgeleentheid vereer word.

Moet dit nie misloop nie: ’n Rolspeler in die Suid-Afrikaanse wynbedryf word eerskomende Donderdag (6 Februarie) op die wynlandgoed Groot Constantia met die bedryf se erepenning as die wynikoon vir 2020 vereer. Foto: VERSKAF

Dié glansgeleentheid word weer op die wynlandgoed Groot Constantia gehou – die oudste wynproduserende landgoed in Suid-Afrika. Die 1659-erepenning word reeds sedert 1974 aan persone in die bedryf toegeken wat diep spore in die wynwêreld trap, en dus as ambassadeurs optree.

Enkele van die vorige jare se ontvangers sluit Piet Goussard, die bedryf se onbesonge wynwerkers, Charles Back, Danie de Wet, Norma Ratcliffe en Jan Scannell in.

Die kriteria is: Die persoon/persone of instansie wat vereer word, moet ’n wesenlike en positiewe bydrae tot die wynbedryf lewer. Dié bydrae moet ’n blywende impak hê, aanduidings toon van ’n besonderse nalatenskap, mense se denke en/of lewens verander het, en ander in die bedryf aanmoedig en inspireer, aldus die organiseerders.

Wynliefhebbers word ook genooi om die spogaand by te woon, en aan ’n fynproewersete gepaar met bekroonde Groot Constantia-wyne te smul. Die Libertaskoor gaan optree. Kaartjies kos R800 per persoon. Daar is ook tafelbesprekings beskikbaar.

Die geleentheid word moontlik gemaak deur finansiële ondersteuning en vennootskappe van Groot Constantia, Die Burger, Standard Bank, Vinpro en die TOPS at SPAR Wine Show. Agri-Expo organiseer dit.

Meer oor:  Wynbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.