Die Covid-pandemie het plaaslike ondernemings ’n stewige knou gegee.
’n Peiling deur Statistieke Suid-Afrika het die invloed van die inperking op 1 079 ondernemings in alle ekonomiese sektore bepaal. Van die 1 079 respondente het 2,2% hul deure permanent gesluit, wat gevolg het op 8,6% in die laaste twee weke van April. Daar is ook aangedui dat 84,3% ’n verminderde omset gehad het in Mei. Die pandemie het dus ’n enorme impak gehad op alle ondernemings, maar kleiner ondernemings trek beslis aan die kortste end.
Mike Anderson, stigter en uitvoerende hoof van die Nasionale Kleinsakeraad (NSBC) sê entrepreneurskap is die hoeksteen van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit is dus krities om hierdie sektor te ondersteun. “Dit bly belangrik vir die NSBC om mense aan te moedig om betrokke te raak by kleiner ondernemings,” sê Anderson.
Waarom jy plaaslike ondernemings moet ondersteun
Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, verduidelik waarom die ondersteuning van plaaslike ondernemings van kardinale belang is:
* Plaaslike ondernemings en hul eienaars is deel van die plaaslike gemeenskap, dus dra hulle ook by tot munisipale inkomstes en ploeg hulle terug in die gemeenskap.
* Dit is permanente inwoners wat nog vir baie lank in die gemeenskap gaan wees.
* Hulle dra by tot die sukses en groei van gemeenskappe met die dienste wat verskaf word.
* As plaaslike ondernemings vou, versnel dit die agteruitgang van gemeenskappe. Dit sal beteken dat inwoners nie meer toegang het tot ondernemings waaraan hulle gewoond is nie en verder moet ry vir hul basiese goedere en dienste.
Vorster sê ondersteuning vir plaaslike ondernemings moet kom van die eienaars sowel as inwoners. “Dis eienaars se verantwoordelikheid om goeie verhoudings met die inwoners te bou. Terselfdertyd moet inwoners die ondernemings in hul midde koester ten bate van die gemeenskap waarin hulle hulself bevind.”
Wat gebeur as jy by ’n plaaslike onderneming koop?
Volgens Anderson help jy nie ’n uitvoerende hoof met sy derde vakansiehuis nie, maar jy help ’n dogter met haar danslesse, ’n seun om sy spantrui te kan koop, ’n ma of pa om kos op die tafel te sit, of ’n student om universiteitsfooie te betaal.
“Byna twee derdes van alle Suid-Afrikaanse werkers werk by plaaslike ondernemings. Plaaslike ondernemings dra ook grootliks by tot ’n porsie van die land se bruto binnelandse produk,” voeg Anderson by.
Hulle speel dus ’n groot rol in werkskepping, armoedeverligting en dienslewering, wat beteken kleiner ondernemings is eintlik groot wanneer dit in perspektief geplaas word. Plaaslike ondernemings is, volgens Anderson, die steunpilaar van die ekonomie en werkskepping vir die toekoms.
Van die plaaslike ondernemings wat jy kan ondersteun is:
- Caves-aftreeoord vir aftrede met gemoedsrus en die Swartberge in die agtergrond.
- Crazy Plastics vir alle plastiektoebehore wat jy benodig asook partytjiedekor.
- Nando’s vir wegneem-hoendergeregte wat jou mond sal laat water.
- Royal Horse met perdevoer wat jou perd soos ’n koninklike sal laat voel.
- Schmidhauser vir al jou loodgieters- en elektriese benodigdhede.
- Spar vir plaaslike kruideniersware teen sakpaspryse.
- Thermo Fires vir topgehalte-braaiplekke en -kaggels in die koue winter.
- Trellidor vir sterk diefwering om jou binne jou huis te beskerm.
- Vacuhealth om jou te help met erektiele disfunksie.
- Van Deijl wêreldgehalte-juwele wat in elkeen se smaak sal val.