Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
3 luukse woonstelle in Lonehill onder hamer

Park Village Auctions (PVA) gaan binnekort drie deeltiteleenhede in die luukse Tinza-leefstyllandgoed in Lonehill, Sandton, opveil.

Jaco du Toit van PVA sê die verkoping verteenwoordig ’n gesonde beleggingsgeleentheid vir nuwe én ervare beleggers.

Die Tinza-leefstyllandgoed, geleë te Forestrylaan 95, Lonehill, is ’n welbekende veiligheidskompleks wat goed geleë is in die Fourways-omgewing. Dit is maklik bereikbaar langs William Nicol­-rylaan en Witkoppenweg, na aan die Fourways-winkelsentrum en Montecasino. Die kompleks spog met drie swembaddens, ’n tennisbaan en vesel-tot-die-huis is in elke woonstelgebou aangebring.

Die drie eenhede, nommer 246, 272 en 296, behels onderskeidelik twee enkelslaapkamer- en een drieslaapkamerdeeltitelwoonstelle.

Tinza
Drie deeltiteleenhede in die luukse Tinza-leefstyllandgoed in Lonehill word teen einde vandeesmaand deur PVA opgeveil.

Die enkelslaapkamerwoonstelle is 52 m2 groot, is op die grondverdieping en het ’n oopplan-kombuis en -sitkamer, een slaapkamer, een badkamer, ’n onder­dakpatio, ’n omheinde private tuin en een toegewysde parkeerplek.

Die drieslaapkamerwoonstel is ’n simpleks van 109 m2 groot op die grondverdieping. Dit behels ’n oopplankombuis en -sitkamer, ’n eetkamer, drie slaapkamers, ’n gesinsbadkamer, ’n onderdakpatio, ’n omheinde private tuin en twee toegewysde parkeerplekke.

Die veiling vind op Woensdag 21 April vanaf 11:00 by eenheid 246 op die perseel plaas. Besigtiging open een uur voor die begin van die veiling.

Du Toit sê: “Woonstelle in hierdie pryskategorie en buurt (in ’n gegoede buurt naby topgehaltegeriewe) presteer goed. Huurinkomste toon tekens van ’n volle herstel in die nabye toekoms, wat veel goed voorspel vir koop-om-te-verhuur-beleggers.

“Eerstekeer-kopers wat voordeel wil trek uit gunstige rentekoerse, het ook luukse woonstelle in die oog, hetsy om in te woon of te verhuur – met die wete dat sulke bates oor tyd mooi in waarde sal styg.”

  • Vir meer inligting, kontak Park Village Auctions by 011 789 4375, stuur e-pos na auctions­@parkvillage.co.za of besoek parkvillageauctions.co.za onder webverwysing 698.
Meer oor:  Lonehill  |  Veilings  |  Tinza-Leefstyllandgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.