Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Alles wat jy vir jou aanleg nodig het

Dit is skaars dat jy ’n veiling met soveel verskeidenheid, waarde en geleenthede sal vind soos Kopano Auctions se volgende veiling.
hidrouliese
’n Vierdag-veiling met die volledige fabrieksinhoud van vervaardigingstoerusting en -masjinerie bied groot geleenthede vir kopers.

Die veilingshuis bied ’n vierdag-veiling – Dinsdag 28 Junie tot Donderdag 1 Julie – aan wat nie misgeloop moet word nie.

Kopano Auctions gaan Ellies Industries se inhoud van die hand sit. Dit sluit in ’n magdom van produkte wat hulle vir die plaaslike en internasionale mark vervaardig.

Die hele fabriek se inhoud bied groot geleenthede aan voornemende kopers.

Vanweë die groot verskeidenheid produkte wat die fabriek vervaardig het en waarna daar steeds ’n vraag is, is die moontlikhede vir nuwe ondernemings eindeloos.

Van die produkte wat vervaardig is, is satellietskottels, lugdrade, rakke, wisselrigters (inverters), platskerm-televisiestelle en nog vele meer.

Daar is twee volledige aanlegte vir poeierbedekking beskikbaar, asook ’n volledige galvaniseringsaanleg met regstellings.

Masjiene en gereedskap sluit in horisontale draaibanke, hidrouliese drukperse, industriële kompressors, hidrouliese pyp-buig-masjiene, PC-bord- drukkers, plasma-snyers, verskeie sweismasjiene, ’n CNC- vertikale masjien met verkoelingstelsel, 200-ton- en 300-ton- hidrouliese perse en ook ’n outomatiese sorteer-en-verpakkingsmasjien.

Daar is ook ’n magdom van materiale, onder meer aluminium, staalpype en vlekvryestaal-velle, halfvoltooide produkte en voltooide produkte.

Ander bates wat by die veiling ingesluit is, is vurkhysers, ’n 500 kVA-?kragopwekker, industriële rakke, verpakkingsmateriaal, ’n bogrondse kraan, klein gereedskap, snyers en slypmasjiene.

Alles wat nodig is vir ’n nuwe onderneming of vir die uitbreiding van ’n bestaande vervaardigingsonderneming, is op die veiling beskikbaar.

Bieërs sal die veiling kan bywoon óf aanlyn kan bie.

Die bates kan besigtig word by Wright-Boagweg 2, Village Deep, in die suide van Johannesburg.

  • Vir meer inligting, skakel 083 954 3135, 082 573 3184, 083 227 7574 of 083 449 1001. Besoek ook kopanoauctions.co.za of assetsauctions.co.za vir die katalogus.
Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.