Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Bie op ruim gastehuis in Knysna

’n Negeslaapkamer-gastehuis in Knysna wat volledig in bedryf is, word later vandeesmaand deur Rawson Auctions Wes-Kaap van die hand gesit.

Veiling
’n Uitsig oor die pragtige vermaak- en swembadarea.

Die eiendom in Ou Toll-weg, Old Place, Knysna, is op ’n erf van 1 391 m² geleë.

Die gastehuis bestaan uit vyf luukse en suite-kamers met lugversorging, ten volle gemeubileer en twee selfsorgkamers op twee vlakke. Elke kamer het ’n sitkamer, eetkamer en ’n oopplan-kombuis. Die meeste kamers lei na ’n patio en is ideaal vir ontspanning in die buitelug.

Daar is ook ’n tweeslaapkamer-kothuis met ’n oopplan-sitkamer en -kombuis vir die eienaar. Die gastehuis het ’n pragtige onthaal- en eetarea waar gaste onmiddellik welkom en gemaklik sal voel wanneer hulle hierdie luukse eiendom­ betree. Die swembad­area het ’n ingeboude braai en genoeg ruimte om ’n sonnige dag langs die swembad deur te bring en daar is ook ’n paar gesinsaktiwiteite om te geniet. Die eiendom het ’n welige, goed versorgde tuin en afgebakende parkeerplekke vir gaste.

Die reserweprys vir die eiendom is R7 miljoen, maar alle aanbiedings sal oorweeg word.

“Die huis word volledig ge­meubileerd verkoop, wat bete-ken dat jy dadelik ’n inkomste daaruit kan verdien,” sê Tanya Jovanovski, konsessiehouer van Rawson Auctions Wes-Kaap.

“Knysna is een van die beste vakansiebestemmings op die Tuinroete. Van pragtige strande tot bospaadjies en ’n ryk kulturele erfenis, is dit beslis ’n ideale bestemming vir almal wat van die druk van die stadslewe wil ontsnap.”

Jovanovski sê teen die prys is hierdie eiendom ’n winskopie, veral as ’n mens die ligging, maklike toegang tot die hoofreisroetes en vermaak- en ontspanningsgeriewe in ag neem.

Die eiendom word op 28 Julie om 12:00 op die veiling aangebied. Die bieëry sal gedoen word via die nuwe stelsel van Rawson Property Group, wat nou alternatiewe bie-opsies het in ooreenstemming met die beste en veiligste praktyke.

  • Belangstellendes word versoek om aanbiedings aanlyn te doen. Stuur versoeke aan die veilingspan by auctions.info@rawson.co.za of skakel 079 980 3457.
Meer oor:  Gastehuis  |  Knysna  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.