Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Bie op winkel in Goodwood

’n Winkel in die besige Voortrekkerweg in Kaapstad gaan binnekort onder die hamer.
veilings
’n Uitsig oor die kommersiële eiendom langs die besige Voortrekkerweg wat op 23 Junie opgeveil word.

Dié goed geposisioneerde kommersiële eiendom in die Vasco Es­tate, Goodwood, word op 23 Junie om 12:00 deur Rawson Auc­tions Wes-Kaap opgeveil. Die winkel van 230 m² is op ’n erf van 460 m² geleë.

Dit het een kantoor, twee toilette, ’n kombuisie en twee stoorkamers. Die eiendom is in ’n goeie toestand, maar kan doen met ’n lagie verf.

Die reserweprys is R1,7 miljoen met ’n verwagte openingsbod van R1,68 miljoen.

Alle aanbiedings sal wel oorweeg­ word.

Die eiendom kan maklik tussen R18 000 en R25 000 per maand aan huurinkomste oplewer. Dit sal onbeset wees by oordrag, wat onmiddellike besetting moontlik sal maak – indien die koper self die eiendom wil beset – of die winkel uitverhuur, wat nie ’n probleem is nie in ag genome die ligging.

Tanya Jovanovski, konsessiehouer van Rawson Auctions Wes-Kaap, sê Voortrekkerweg is ’n hoofvervoerroete vir die gebied en baie van die naburige voorstede.

“Enige koper kan regtig nie vir beter sigbaarheid as dit vra nie. In ag genome die lae reserweprys en goeie huurinkomste, is die eiendom ’n belegging.”

  • Rawson Auctions het ’n nuwe aanlyn platform vir veilings.

Jy kan deelneem, maar sal eers moet registreer op instantproperty.co.za. Die webwerf het ’n PDF-dokument met al die nodige inligting, bepalings en voorwaardes en Fica-vereistes.

Let asseblief daarop dat ’n voltooide dokument, identiteitsdokument en die Fica-dokumente ’n vereiste vir deelname is. E-pos die dokumentasie na tanya­.auctions­@rawson.co.za.

Belangstellendes word versoek om aanbiedings aanlyn te doen. Stuur versoeke aan die veilingspan by auctions.info@rawson.co.za of skakel 079 980 3457 vir hulp.

  • Vir meer inligting oor die eiendom­, kontak Karen Petersen by 083 495 0987 of Jovanovski (besonderhede bo).
Meer oor:  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.