Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Eiendom in Newcastle te koop

Die veilingshuis Michael­ James Organisation gaan volgende maand drie eiendomme in Newcastle op ’n likwidasieveiling verkoop.

Die eerste eiendom wat onder die hamer kom, is ’n primastuk grond van 4,8 ha in Madadeni J, Newcastle. Die terrein is langs die Highlands Estate en oorkant die Curro-skool geleë. Dié onbeboude ontwikkelingsterrein is ook vir onderverdeling goedgekeur.

Die tweede veiling is ’n stuk grond in Barry Hertzog-park van 6,8 ha en het die potensiaal vir behuisingsontwikkeling. Die laaste veiling is ’n ontwikkelingsgeleentheid om die ou Iscor-hostel in Madadeni op te knap. Die ses bestaande geboue kan in 108 tweeslaapkamer-woonstelle omgeskep word.

  • Die aanlyn veiling vind op 12 Augustus van 10:00 tot 13:00 plaas. Besoek michaeljames­.co.za.
Meer oor:  Kommersiële  |  Residensiële  |  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.