Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Eiendom sterk opsie vir nuwelinge én veterane
Die eiendomsmark is gunstig vir kopers, aldus die PVA-direkteur Roy Lazarus.

Nuus oor die eiendomsmark bevat deesdae heelwat strydige voorspellings.

Dit lyk steeds onmoontlik om die volle impak van die Covid-19-pandemie op die ekonomie te bepaal. Tog, ondanks die mark se uiteenlopende standpunte oor die eiendomsmark ná die opheffing van die staat van inperking, word algemeen aanvaar dit is steeds ’n baie goeie langtermynbelegging.

Volgens Roy Lazarus, direkteur van Park Village Auctions, sal kopers aan albei kante van die spektrum – eerste kopers en ervare beleggers – voordeel trek uit die lae rentekoers.

“Belegging in eiendom met die lang termyn in gedagte was en sal altyd ’n veilige opsie wees. Tans is die mark gunstig vir kopers. Die rentekoers is die laagste in byna 50 jaar en die vrystelperk op oordragkoste is tot R1 miljoen verhoog, om nie eens te praat van die rand se geleidelike verbetering nie,” sê Lazarus.

“Dit is tyd vir nuwe huiskopers om ’n voet in die eiendomsmarkdeur te kry. Veteraanbeleggers weet alte goed eiendom se waarde bly bestendig en groei met verloop van tyd.

“Net verlede week (8 Junie) het Fortress Reit gerapporteer daar is ’n groeiende belangstelling om eiendom te bekom.”

Fortress Reit, wat op die JSE genoteer is, is ’n eiendomsgroep met bates in logistiek, pendelaar-georiënteerde winkelsentrums, asook nywerheids- en kantooreiendom.

“Ons het ook ’n toename in belangstelling van bekende gesigte by ons veilings van nywerheidseiendomme,” voeg Lazarus by.

Sy raad aan nuwe kopers wat opgewonde is oor die laer verbandterugbetaling danksy die lae rentekoers, is: “Bekostigbaarheid is die sleutel. Maak seker om koste soos belastingtariewe, instandhouding en ander uitgawes in berekening te bring.

“Die rentekoers sal wel weer styg en daarmee saam gaan jou verband­terugbetalings ook styg, behalwe as jy ’n vaste rentekoers beding het.

“Hou ook in gedagte eiendom as ’n belegging is vir die duur en jy moet geduldig wees voordat jy goeie resultate gaan sien.

“Daarmee saam gaan die eiendomsbeginsel van wat vandag duur mag voorkom, is môre ‘goedkoop’ in die tempo wat eiendomswaarde toeneem,” sê Lazarus.

  • Vir alle veilingverwante inligting, kontak Park Village Auctions by 011 789 4375 of besoek die afslaer se webwerf by parkvillageauctions.co.za.
Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.