Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Hoewe in Wynland onder hamer

’n Mooi, moderne woning op ’n kleinhoewe van 5,63 ha in Stellenbosch, in die hartjie van die skilderagtige en wêreldbekende Kaapse Wynland, deel 1 van Helderzicht aan die Blaauwklippen-pad, word op 29 Julie op BidX1 se aanlyn eiendomsveiling verkoop.
Veilings
Met ’n aanvangs­bodprys van R8 miljoen wat gevra is vir BidX1 se aanlyn eien­domsveiling op 29 Julie vanjaar, het hierdie klein­hoewe in Stellen­bosch ’n hoof­woning en drie kothuise tesame met stalle, pakkamers, kantore en motorhuise.

’n Aanvangsbodprys van R8 miljoen is vir die eiendom gevra. Dit bestaan uit ’n hoofhuis met ’n houtdek en braai-/onthaalarea en drie kothuise (elk met een slaapkamer en badkamer), plus ’n aantal stalle, pakkamers, kantore en motorhuise.

M.C. du Toit, uitvoerende hoof van BidX1 Suid-Afrika, sê: “Dit is ’n hoogs aantreklike eiendom wat ideaal is vir ’n hoofwoning of vir ontspanning. Die hoofhuis het drie slaapkamers, waarvan die grootste ’n en suite-badkamer, ’n dubbelstort en ’n buitestort het. Houtvloere gaan uit op ’n buitepatio, terwyl die oopplan-kombuis ’n pizza-oond, houtblaaie en luukse afrondings het. Die patio is half-panoramies en onderdak, met ’n houtdek wat ’n rustige, skilderagtige uitsig oor die dam bied. Daar is ook ’n kelderverdieping wat in ’n wynkelder omskep kan word.”

Dié ruim gesinswoning met drie slaapkamers en twee badkamers in Plattekloof, een van Kaapstad se noordelike voorstede, word eersdaags opgeveil.

Ander interessante eiendomme op hierdie veiling is twee gasvryheidseiendomme in Beaufort-Wes in die Groot Karoo – ’n luukse vierster-agtslaapkamer-gastehuis met ’n aanvangsbodprys van R2,2 miljoen en ’n lodge met vyf slaapkamers met ’n aanvangsbodprys van R1,2 miljoen. ’n Ruim gesinswoning in Benoni, Gauteng, met vier slaapkamers en drie badkamers met ’n aanvangsbodprys van R1 miljoen is ideaal geleë naby winkelsentrums, skole en ontspanningsparke.

In Secunda in Mpumalanga het ’n verhuurde drieslaapkamer-woning saam met ’n verhuurde eenslaapkamer-woonstel met goeie huurinkomste ’n aanvangsbodprys van R975 000 gehaal.

Intussen het ’n ruim gesinshuis met drie slaapkamers en twee badkamers en ’n toe-houtdek met ’n uitsig oor ’n dam, twee sitkamers en ’n dubbelmotorhuis met outomatiese deure in die gesogte Plattekloof, een van Kaap-stad se noordelike voorstede, ’n aanvangsbodprys van R2,5 miljoen gehaal. Met maklike toegang tot die N1, is die eiendom naby ’n aantal skole, winkelsentrums en hospitale.

  • Vir meer inligting, besoek die webwerf bidx1.com of skakel 021 140 3541.
Meer oor:  Eiendom  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.