Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Huurregte vir vliegtuigloods

Park Village Auctions (PVA) vra aanbiedings vir ’n uitstekende inkomste-gewende geleentheid in die vorm van verhuurregte op huureiendom by die Wonderboom-lughawe in Pretoria wat ’n vliegtuigloods en kantoorgeriewe insluit.
veilings
PVA vra aanbiedings op huurregte van ’n vliegtuigloods met kantore en geriewe van 5 000 m2 by die Wonderboom-lughawe in Pretoria.

Volgens Johan du Toit van PVA het hierdie “juweeltjie” ’n hele paar goeie voordele wat vliegtuigloods-ruimte by die lughawe betref. Eerstens het die vliegtuigloods ’n huurder, wat ’n huurinkomste vir die koper verseker.

“Die beste is dat die huur-der belangstelling toon om sy kontrak te verleng,” sê Du Toit­.

Die huurreg behels die huurbesit nr. 64 van die restant van gedeelte 35 en die restant van gedeelte 59 van die plaas Wonderboom nr. 302, JR, wat ongeveer 5 000 m2 groot is en geleë is by vliegtuigloods nr. 64, by die lughawe.

Verbeteringe sluit in ’n vliegtuigloods en kantore, met ’n ontvangsarea, mans- en vrouebadkamers, kombuise, vergaderkamers, kantore en kleedkamers.

Du Toit sê: “Hierdie geleentheid voorsien in die behoef-tes van kundige beleggingskopers wat die waarde van die private vliegtuigloodsbedryf ken. Ek sal nie verbaas wees nie as ons baie aanbiedings van vliegtuigeienaars ontvang.”

Besigtiging van die perseel kan volgens afspraak gereël word met Park Village Auc­tions by 011 789 4375 of Johan du Toit by 082 798 9476.

Aanbiedings moenie later nie as 10:00 op Woensdag 30 Junie ingedien word op amptelike Park Village Auctions-aanbiedingsdokumente.

  • Vir ’n volledige prospektus en aanbiedingsdokumente besoek gerus parkvillageauc­tions.co.za webwerflys 748.
Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.