Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Meubels, kuns en horlosies

Old Johannesburg Warehouse Auctioneers se aanlyn veiling vir die naweek is vuurwarm – reg om die koue winter hok te slaan met 1 300 wonderlike lotte om van te kies en te keur.
20ste eeuse eiervormige stoele van veselglas.

Die verkoop van die eerste 650 lotte begin op Saterdag 3 Julie om 09:00 en ’n verdere 650 lotte word op Sondag 4 Julie om 09:00 opgeveil.

Daar is fantastiese meubels wat Africana, kontinentale, Oosterse en wonderlike middel 20ste eeuse en retro-stukke insluit. Pragsilwer-, fantastiese goue en ZAR-munte en -note, militêre aandenkings, ’n verskeidenheid van tapyte en Oosterse keramiek is te koop.

’n Muurpaneel in ’n Oosterse styl word ook opgeveil.

Dié keurspel bevat ook ’n wonderlike verskeidenheid van tradisionele en eietydse kuns. Wees ook op die uitkyk vir die 300 lotte juweliersware tussenin – Victoriaanse, art nouveau-, art deco-, antieke en moderne stukke wat pragtige ringe, oorbelle, halssnoere, hangertjies en armbande insluit.

’n Goue ZAR Krugerpond.Foto:

Daar is ook los edelgesteentes te koop en dit sluit robyne en saffiere in, asook pragtige los en gesertifiseerde diamante.

Vir die horlosieversamelaars: Wees op die uitkyk vir pragstukke van Breitling, Rolex, Omega en Tag Heuer.

Vanweë die jongste Covid-19-regulasies is alles baie gerieflik aanlyn.

veilings
’n Oorspronklike bankie van die Kaapse parlement.

Die veilingskatalogusse kan aanlyn besigtig word op oldjwauctioneers.com of op die app en die bieëry is reeds oop. Daar is vele foto’s en goeie beskrywings om alle items maklik na te gaan.

  • Vir meer inligting, skakel 011 836 1560 of stuur e-pos na info@oldjwauctioneers.com. Moenie vergeet om ons op Facebook en Instagram te “like” nie en volg ons vir gereelde inligting.) Kort op dié veiling se hakke – op die naweek van 17 en 18 Julie – is die Pretoria-tak weer aan die beurt met ’n tweedag-veiling wat die hoofstad se asem sal wegslaan. Asemrowende meubels, klokke, munte, juweliersware, kuns en meer!

Hou die webwerf dop vir die katalogusse, wat binnekort aanlyn beskikbaar sal wees.

Meer oor:  Meubels  |  Juwele  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.