Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
’n Groot keuse op BidX1- aanlyn veiling

’n Boerderygeleentheid in ’n malariavrye gebied, puik geleë kantoorruimte met ’n uitgestrekte uitsig oor Sandton en ’n ruim Kaaps-Hollandse woning met inkomstegenererende kothuise, asook goed geleë wonings in die Paarl in die Wes-Kaap en Lone Hill in Johannesburg – dit is net ’n paar van die aantreklike eiendomme op BidX1 se aanlyn veiling op 29 April 2021.

Drie individuele kantore is te koop in die Sandton View-kantoorpark in Hilltopstraat in Johannesburg, elk met ’n aangevraagde aanvangsbodprys van R300 000.

Sewe plase onder een titelakte wat 1 655,351 ha groot is, net buite Alma in Limpopo, is te koop, met ’n aangevraagde aanvangsbod van R15 miljoen. MC du Toit, uitvoerende hoof van BidX1 Suid-Afrika, sê: “Die plase, geleë in ’n malariavrye gebied met wildplase en private wildtuine in die omgewing, sluit ook in ’n veeboeronderneming, ’n besproeiingsonderneming, verskeie huise en skure, insluitend ’n beeskraal.

“Hierdie puik landbou-eiendom sluit in ’n natuurlike fontein geskik vir menslike gebruik, asook die Sandrivier en die Venterspruit vir landboudoeleindes, tesame met drie damme en boorgate. Die water vir besproeiing behels meer as 2 miljoen m³, voldoende vir die 358,4 ha onder spilbesproeiing.”

In die gesogte, luukse noordelike voorstad Lone Hill in Sandton, Johannesburg, word ’n vierslaapkamer-gesinshuis in ’n afgesperde straat met ’n bemande waghuis met ’n aangevraagde aanvangsbodprys van R2,6 miljoen opgeveil.

In Noordwes het ’n eiendom met ’n groot, sesslaapkamer- Kaaps-Hollandse huis in Skeerpoort saam met ses inkomste-genererende kothuise en met ’n voorkant aan die Magaliesrivier ’n aangevraagde aanvangsbod van R4 miljoen.

Die hoofhuis is net ’n uur se ry van Johannesburg, met ses restaurante en kroeë in die onmiddellike omgewing en vier gholfbane naby, en beslaan ’n ruim 600 m² sonder die stoep. Die geriewe op die eiendom behels 1 300 m² onder dak, insluitend 15 slaapkamers, 11 badkamers, tien toe-motorafdakke, 70 m² onder pergola en 560 m² onderdakstoepe. Drie werkerskwartiere is ook ingesluit met ’n veilige skuur van 100 m², oorvloei­-kothuis, drinkwater-boorgat en besproeiingswaterpomp met die Magaliesrivier as bron.

Met skouspelagtige uitsigte in die Paarl, in die hartjie van die Kaapse Wynland-streek, is ’n deftige vierster-gastehuis met sewe slaapkamers, sewe badkamers en ten volle gemeubileer te koop. Die eiendom word as ’n gesinswoning verkoop – of met die keuse om dit as ’n ten volle werkende gasvryheidsaak te bedryf. Die eiendom kom onder die hamer met ’n aangevraagde aanvangsbod van R5 miljoen en het maklike toegang tot die N1-snelweg en is naby aan die beste skole in die Kaap.

In Edenvale is ’n hele dubbelverdieping-handelsgebou van ongeveer 1 880 m², goed geleë in Van Riebeeck-weg, te koop met ’n aanvangsbodprys van R7 mil­joen.

Gebou in die Switserse styl en weggesteek in ’n woudagtige omgewing in die skadu van die Paarlberg, is die eiendom omring deur wynlandgoedere, re­staurante en geskiedkundige plekke. Daar is ’n swembad, uitstekende veiligheid, asook onthaal- en braaipatio’s.

In die gesogte, weelderige, noordelike voorstad van Lone Hill in Sandton, Johannesburg, gaan ’n vierslaapkamer-gesinswoning in ’n afgesperde straat met ’n bemande waghuis opgeveil word met ’n aangevraagde aanvangsbod van R2,6 miljoen. Die huis het ’n aparte opwasplek; ’n omringende onderdakpatio met ’n ingeboude braaiplek en gasbraaier, asook ’n slaapkamer bo wat as kantoor of studeerkamer kan dien.

Daar is ’n dubbelmotorhuis met outomatiese deure en ’n aparte kothuis wat vas aan die huis is, maar met sy eie oopplan-sitkamer-en-kombuisarea wat op ’n private patio uitloop – plus werkerskwartiere en ’n tuinskuurtjie.

In die Sandton View-kantoorpark in Hilltopstraat in Johannesburg is drie individuele kantore te koop. Soos die naam aandui, geniet die eiendomme uitsonderlike uitsigte oor Sandton. Elk het ’n aangevraagde aanvangsbod van R300 000. Die kantore is onderskeidelik 84 m², 87 m² en 87 m² groot, in ’n aantreklike siersteengebou met 24 uur-veiligheid en ’n elektriese buitegrensheining, met maklike toegang van Bram Fischer-rylaan af.

Veilings
’n Sesslaapkamer-, Kaaps-Hollandse woning in Skeerpoort, Noordwes, saam met ses inkomstegenererende kothuise aan die Magaliesrivier se aangevraagde aanvangsbodprys is R4 miljoen.

In Edenvale, ook in Johannesburg, is ’n hele dubbelverdieping-handelsgebou wat ongeveer 1 880 m² groot is, te koop met ’n aanvangsbod van R7 miljoen. Die gebou is goed geleë aan Van Riebeeck-weg, net 15 minute van die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park.

Die gebou bestaan uit ’n laer vlak van 665 m² en het vier winkels en ’n vertoonlokaal van 452 m² wat tans in eienaargebruik is. Die boonste vlak van 763 m² – ook in eienaargebruik – bevat ’n werkwinkel en oploop vanaf die laer vlak.

  • Vir meer inligting, besoek die webwerf bidx1.com of skakel 021 140 3541.
Meer oor:  Aanlyn Veilings  |  Eiendom  |  Spogbuurte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.