Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Ontwikkelaars, neem kennis van dié kans

’n Groot beleggingsgeleentheid vir ernstige eiendomsontwikkelaars. Dis hoe Rawson Auc­tions Wes-Kaap sy volgende veiling beskryf. Dié stuk grond van 5 ha is geleë in die gewilde Muldersdrift-omgewing, net buite Johannesburg.
Veilings
’n Stuk grond van 5 ha in die Muldersdrift-omgewing word op 23 Junie deur Rawson Auc­tions Wes-Kaap opgeveil.

Die erf self is fantasties vir ontwikkeling. Die terrein is gelyk en bevorderlik vir konstruksie – blyk uit die ander konstruksies in die omgewing. ’n Stel toekomstige ontwikkelings word ook binne bereik beplan, soos die bekende Gautrein-roete en ’n stel padwisselaars en hoofweë.

Die erf is naby belangrike geriewe geleë soos die Walter Sisulu- botaniese tuin, die Silverstar-casino, die Ruimsig-gholfbaan en die Roodepoort-atletiekstadion.

Tanya Jovanovski, konsessiehouer van Rawson Auctions Wes-Kaap, sê dié eiendom sal nie weer ’n veiling sien nie. “Baie selde word kopers so ’n groot stuk grond aangebied, so geskik vir ontwikkeling. Die ligging is veral ideaal vir ’n residensiële ontwikkeling, in ag genome die geriewe in die omgewing, soos winkels, skole en gesinsaktiwiteite.”

Die reserweprys is R3 miljoen met ’n verwagte openingsbod van R2,5 miljoen. Die veiling word Woensdag 23 Junie om 12:00 gehou.

  • Belangstellendes word versoek om aanbiedings aanlyn te doen. Stuur versoeke aan die veilingspan by auctions.info@rawson.co.za of skakel 079 980 3457 vir meer inligting.
Meer oor:  Veilings  |  Kaapstad  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.