Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Raak nostalgies met huis in ou deel van Bryanston

’n Pragwoning in die hartjie van die “ou” Bryanston, Sandton, word op Donderdag 22 April deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil.

Volgens Jaco du Toit van PVA verteenwoordig die veiling ’n unieke geleentheid om eiendom in een van Sandton se gesogste voorstede te bekom.

“Gekenmerk deur groot standplase en ontwerperswonings om daarby te pas, is ‘Ou-Bryanston’ die nieamptelike naam vir die mees gevestigde – en welvarendste – deel van Bryanston. Eiendomme in hierdie area kom selde op die mark, so dit is sekerlik ’n kans wat nie verspeel moet word nie,” sê Du Toit.

Cambridgeweg 60 is geleë op ’n erf wat ’n indrukwekkende 4 545 m2 groot is.

Veilings
PVA bring hierdie pragwoning met sy vier slaapkamers in Bryanston op 22 April onder die hamer.

Die ruim enkelverdiepingwoning het ’n ingangsportaal, ’n formele sitkamer met ’n vuurherd, ’n gesinskamer (TV-vertrek), ’n eetkamer, ’n kombuis met ’n opwasplek, ’n waskamer, ’n ontbytkamer, ’n onthaalarea met ’n toegeruste kroeg en vier slaapkamers, wat twee en suite-badkamers en ’n groot hoofslaapkamer-suite insluit.

Die onderdakpatio lei na ’n swembaddek en agtertuin.

Daar is twee dubbelmotorhuise en ’n enkelmotorafdak.

Die eiendom grens aan Bryanstonrylaan en die buurte Petervale en Rivonia, en inwoners geniet ’n rustige leefstyl, maar is terselfdertyd naby Sandton City en die Nicol Way- en die Bryanston-winkelsentrum, die Bryanston-buiteklub, die Mediclinic Sandton en verskeie goeie skole, insluitend ’n Curro-skool.

Cambridgeweg 60 word terselfdertyd op die perseel en aanlyn verkoop. Die verkoping begin 11:00 op Donderdag 22 April.

  • Vir ’n afspraak om die eiendom te besigtig, bel Carol Cherrington by 011 789 4375 of stuur e-pos na auctions@parkvillage. co.za.

Vir meer inligting, kyk gerus na inskrywing nr. 709 op park­villageauctions.co.za.

Meer oor:  Spoghuis  |  Bryanston  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.