Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Raap landgoedhuis en kantoorblok op

Park Village Auctions (PVA) gaan ’n multi-eiendomsveiling aanbied waarin ’n groot dubbelverdieping-woonhuis en ’n hele kantoorblok opgeraap kan word.

Die veiling, gereël vir Donderdag 18 Februarie, begin om 11:00 op die perseel by Buckiestraat 7 in die Blue Valley Golf & Country Estate, Rooihuiskraalweg, Centurion.

Hierdie netjiese, dubbelverdieping-landgoedhuis verwelkom gaste met ’n groot ingangsportaal wat lei na ’n TV-sitkamer, ’n eetkamer, sitkamer, kombuis met opwasplek, en ’n en suite-gastebadkamer. Die grondverdieping het ’n oop patio, wat op ’n agtertuin en swembad uitgaan.

Die boonste verdieping het drie slaapkamers, twee badkamers (een en suite) en ’n geteëlde balkon.

Ander geriewe behels ’n dubbelmotorhuis, ’n tuin-pakkamer en werkersverblyf met ’n enkelslaapkamer en badkamer. Die eiendom is altesame 792 m² groot.

Dié groot gesinswoning sal op 18 Februarie deur PVA opgeveil word.

Jaco du Toit van PVA beskryf die eiendom as netjies en ruim met moderne afwerkings.

“Blue Valley Golf and Country Estate is ’n toonaangewende landgoed wat ’n idilliese leefstyl aan gesinne bied. Benewens wêreldklasgeriewe soos ’n gimnasium, muurbal- en tennisbaan, ’n basketbal- en sokkerveld, ’n klubhuis en ’n spa, is die landgoed ook gerieflik naby talle winkelsentrums, skole en geriewe,” sê Du Toit.

Daarna, om 13:00, verskuif verrigtinge na Blok H, Riverweg, hoek van Parksingel, geleë in die River View Park-kantoorpark, Janadellaan, Halfway Gardens, Midrand.

Blok H behels ’n dubbelverdieping-kantoorgebou, met op die hoër grondvlak ’n ingangsportaal, sewe kantore, vyf lesingkamers (ook geskik vir opnamekamers of werkwinkelkamers), drie pakkamers, personeelkleedkamers, ’n personeelkombuis en balkonne.

PVA gaan in die middel van Februarie dié hele kantoorblok in River View Park-kantoorpark van die hand sit.

Die boonste vlak het ’n ontvangs- en wagarea, tien kantore (voorheen lesingkamers), ’n bedienerkamer, personeelkleedkamers, ’n personeelkombuis en balkonne. Daar is ook ’n luukse ontvangsarea wat lei na drie private kantore, ’n raadsaal en twee luukse kantore, elk met ’n en suite- private badkamer.

Die kelderverdieping op die laer grondvlak bestaan uit twee permanente pakkamers, badkamers en toilette, ’n personeelkamer en kelderparkeerplek met toegang van die ryweg aan die kant van die gebou. Blok H is altesame 3 331 m² groot.

Die twee eiendomme kan een uur voor die begin van die veiling besigtig word.

Vir meer inligting besoek parkvillageauctions.co.za onder webverwysing 674.

Vir alle veilingverwante inligting kontak Park Village Auctions by 011 789 4375 of besoek www.parkvillageauctions.co.za.

Meer oor:  Centurion  |  Hamer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.