Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Saia-kundiges lewer bystand aan rolspelers

Veilings word al hoe gewilder vanweë die spoed van transaksies en toeganklikheid vir kopers oor die wêreld heen om via afslaers se eie aanlyn portale te bie.

Met die regte sagteware en bates om te verkoop, kan byna almal veilings aanlyn begin aanbied. Of so dink hulle.

Die stap tussen die konsep en ’n volwaardige, veilige afslaeronderneming wat wettig in bedryf is, kan groot wees, maar hulp is byderhand.

Saia
Jacques van der Linde, ’n bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afslaers.

Jacques van der Linde, ’n bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afslaers (Saia), sê dit is verkieslik dat nuwe afslaers lid van Saia word om te verseker dat die wetgewing nagekom word.

Hy sê bieërs en verkopers moet ook aandring op afslaers met Saia-lidmaatskap om te verseker dat hulle met wettige afslaers sake doen.

Jare lange ervaring

“Saia is ’n gevestigde en professionele organisasie wat meer as 35 jaar gelede gestig is om die bedryf te lei. Dit speel ’n belangrike rol in ontwikkelingswerk en opleiding wat daarop gemik is om die vlakke van professionaliteit in die bedryf voortdurend te verhoog.

“Saia beskerm ook die belange van alle rolspelers in die bedryf, onder andere kopers, verkopers en sy afslaers.

“Die instituut tree ook op as die regulerende liggaam van die veilingsbedryf en dit word ’n vereiste vir baie finansiële instellings, staatsdepartemente, semistaatsinstellings en ander om slegs Saia-geregistreerde lede vir deursigtige tenderprosesse te gebruik.

“Afslaers moet spesifieke regulasies nakom om Saia-lede te kan word. Daarom volg ons ’n proses en sorg dat die aansoeker voldoen aan al die reëls en regulasies rakende die veilingsbedryf,” sê Van der Linde.

Omvattende bystand

Hy sê sodra lede die Saia-gedragskode onderteken en aan al die vereistes vir lidmaatskap voldoen, kan hulle lid word.

Hierin is baie voordele, soos bestuur- en regsadvies, asook beskerming onder die Saia-naam en -vereniging.“Ons ondersoek en help ook met klagtes wat teen ’n lid ingedien word en plaas sterk fokus op opvoeding om sy lede te help, asook verbruikers om misverstande te voorkom.”

Besoek auctioneering.co.za of bel Sonja Styger by 021 813 6342 of 081 410 2611.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.