Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Skaars Pierneef ’n aanwins

Versamelaars van J.H. Pierneef se skilderye kan een van die gevierde skilder se skaars kremetartboomwerke op Aspire Art Auctions en Piasa se komende gesamentlike moderne en kontemporêre Afrika-kunsveiling kry.

J.H. Pierneef se Kremetartbome met die Soutpansberge in die agtergrond.

Dit is die eerste keer dat ’n internasionale veilingshuis saam met ’n plaaslike afslaer ’n Afrika-kunsveiling op eie bodem gaan aanbied.

Kremetartbome met die Soutpansberge in die agtergrond, wat ’n eeu gelede geskilder is, is nog nie vantevore in die mark gesien nie. Die verwagting is dat dit vir tussen R6 miljoen en R9 miljoen op die veiling op 14 Februarie in Kaapstad kan verkoop.

Die twee afslaers meen die skildery is ’n aanwins vir enige ernstige versameling.

’n Vroeë skildery deur die Suid-Afrikaanse boorling Marlene Dumas, wat nog nie vantevore in die mark gesien is nie, gaan ook onder die hamer kom. Oktober 1973 is slegs die derde Dumas-skildery wat nóg op ’n veiling in Suid-Afrika aangebied is.

Dit gaan na verwagting vir tussen R3 miljoen en R5 miljoen verkoop.

Die veiling word op 14 Februarie om 15:00 by OroAfrica House in Kaapstad gehou. Daar is 198 lotte en werke van 139 kunstenaars uit 27 Afrika-lande.

Meer oor:  Pierneef  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.