Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Weelderige gesinshuis opgeveil

’n Besonder deftige gesinswoning in die welvarende voorstad Bryanston, Sandton, gaan binnekort deur Park Village Auc­tions (PVA) opgeveil word.
veiling
Hierdie besonder deftige vyfslaapkamerhuis in Bryanston word volgende week deur PVA opgeveil.

Johan du Toit van PVA beskryf die huis met sy “oorspronklike, weloorwoë afwerkings” as “weelderig”.

“Hierdie eiendom verteenwoordig die beste van Bryanstonse leefwyse,” sê Du Toit.

“ ’n Mens voel asof jy in ’n luukse herehuis-hotel woon.”

Die groot dubbelverdieping-woning se boonste verdieping bestaan uit ’n trapportaal en ’n gang, ’n pajama-sitkamer en vier slaapkamers met en suite-badkamers (waarvan drie aantrekkamers het).

Op die grondverdieping is ’n dubbelgrootte suilegang en ingangsportaal wat lei na ’n formele sitkamer, eetkamer, ’n kombuis met ’n inloop-spens en ’n opwasplek, ’n studeerkamer, ’n gastekleedkamer en ’n en suite­-gasteslaapkamer, ’n TV-sitkamer met ’n kroeg en kelder wat uitloop na ’n onderdak-onthaalpatio met ’n ingeboude gasbraaier. ’n Ander klein patio op die grondverdieping gee toegang tot die swembad en ’n tennisbaan.

’n Dubbelverdieping-hekhuis het op die grondvlak ’n tuiskantoor, ’n kleedkamer, ’n veiligheidswagkamertjie, ’n tuin-pakkamer en ’n toilet. Die boonste vlak bied weer ’n woonstelletjie met ’n sitkamer, ’n kombuis, twee slaapkamers en ’n badkamer.

Die eiendom spog verder met motorhuise vir drie voertuie, ’n dubbel-motorafdak, ’n pakkamer en personeelverblyf met ’n klein sitkamer met kombuis, twee slaapkamers en ’n badkamer. Die hele eiendom is 3 747 m² groot.

Die bewoners van die huis, geleë te Arlingtonweg 7, Bryanston, is naby verskeie luukse winkelsentrums, insluitend Sandton City, Hobart en Nicolway, die Bryanston-buiteklub en die River Club-gholfbaan, die Mediclinic Sandton en puik skole, soos die St. Stithians College. Die westelike N1-snelweg is minder as 10 minute se ry ver.

“Gemak, gerief en gehalte – hierdie woning bied ’n drieledige bonus,” sê Du Toit.

Die veiling vind plaas oor ’n beperkte tyd as ’n aanlyn veiling en begin om 10:00 op Maandag 5 Julie en sluit om 12:00 op Vrydag 9 Julie.

  • Vir meer inligting, besoek parkvillageauctions.co.za, webverwysing­ 758 of skakel 011 789 4375.
Meer oor:  Eiendom  |  Opgeveil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.