Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
Dié pinotage moet jy dophou

Met net twee weke oor voordat die jaarlikse Absa Top-10 Pinotage-wenners aangekondig word, kan jy solank die finaliste uittoets en jou gunsteling vind.

’n Totaal van 161 wyne is vanjaar ingeskryf vir die kompetisie, wat in sy 23ste jaar is, en beoordelaars het omtrent ’n moeilike taak gehad.

Beoordeling het ’n paar weke gelede by Nederburg in die Paarl plaasgevind, met die Kaapse wynmeester Winnie Bowman as voorsitter van die paneel. Die ander beoordelaars was Greg Sherwood (wynmeester gebaseer in Londen), Razvan Macici (bekroonde wynmaker), Nomonde Kubheka (wynmaker betrokke by die Pinotage Youth Development Academy), Frans Smit (Spier se keldermeester) en Solly Monyamane (protégé).

Vanjaar se finaliste

Uit die 20 finaliste vanjaar is daar vyf wynkelders wat twee wyne elk het wat vir die finale beoordeling gekies is.

Dié kelders is Kanonkop, Simonsig (albei in Stellenbosch), Wildekrans (Botrivier), Diemersdal (Durbanville) en Windmeul (Paarl).

Stellenbosch het die meeste finaliste met ses wyne op dié wynroete, en die Paarl het die tweede meeste met drie.

Vanjaar is ook drie kusstreekwyne finaliste.

As na oesjare gekyk word, het 2016 en 2017 die meeste wyne gelewer met agt finaliste. Twee jonger wyne van 2018 en twee ouer wyne van 2015 het ook die paal gehaal.

Beyers Truter, voorsitter van die Pinotagevereniging, sê hulle is baie tevrede met die gehalte van die wyne en veral die lys van finaliste, wat die meeste van die land se groot wynstreke verteenwoordig.

Die wenners word op 14 Augustus tydens ’n geselligheid by Boschendal aangekondig.

Wie gaan vanjaar dié tien wyne se plek inneem as die Top-10 Pinotage-wenners?

Finaliste van die 2019 Top-10

  • Anura Reserve 2016

WO: Simonsberg-Paarl

Wynmaker: Stander Maass

  • Badsberg Pinotage 2018

WO: Breedekloof

Wynmaker: Henri Swiegers

  • Beyerskloof Winemaker’s Reserve Pinotage 2017

WO: Stellenbosch

Wynmaker: Anri Truter

  • Lutzville Francois le Vaillant Pinotage 2016

WO: Lutzville-vallei

Wynmaker: Christoff de Wet

  • Diemersdal Pinotage Reserve 2018

WO: Durbanville

Wynmaker: Thys Louw

  • Diemersdal MM Louw Pinotage 2017

WO: Durbanville

Wynmaker: Thys Louw

  • Fleur du Cap Series Privée Pinotage 2016

WO: Kusstreek

Wynmaker: Pieter Badenhorst

  • Kanonkop Pinotage 2015

WO: Simonsberg-Stellenbosch

Wynmaker: Abrie Beeslaar

  • Kanonkop Pinotage 2017

WO: Simonsberg-Stellenbosch

Wynmaker: Abrie Beeslaar

  • KWV The Mentors Pinotage (Coastal) 2017

WO: Kusstreek

Wynmaker: Izéle van Blerk

  • Môreson The Widow Maker Pinotage 2016

WO: Stellenbosch

Wynmaker: Clayton Reabow

  • Overhex Survivor Pinotage 2017

WO: Swartland

Wynmaker: Ben Snyman

  • Simonsig Redhill Pinotage 2017

WO: Stellenbosch

Wynmaker: Debbie Thompson

  • Simonsig Redhill Pinotage 2016

WO: Stellenbosch

Wynmaker: Debbie Thompson

  • Viljoensdrift River Grandeur Single Vineyard Pinotage 2017

WO: Robertson

Wynmaker: Fred Viljoen

  • Vondeling Bowwood Pinotage 2016

WO: Voor-Paardeberg

Wynmaker: Matthew Copeland

  • Wildekrans Pinotage Barrel Select Reserve 2016

WO: Botrivier

Wynmaker: Braam Gericke

  • Wildekrans Pinotage Barrel Select Reserve 2015

WO: Botrivier

Wynmaker: Braam Gericke

  • Windmeul The Legend Collection Pinotage 2017

WO: Kusstreek

Wynmaker: Abraham van Heerden

  • Windmeul Pinotage Reserve 2016

WO: Paarl

Wynmaker: Abraham van Heerden

Museumklas-finaliste

Dié wyne moet tien jaar en ouer wees.

  • Fairview Primo Pinotage 2007

WO: Kusstreek

Wynmaker: Anthony de Jager

  • Hill & Dale Pinotage 2007

WO: Stellenbosch

Wynmaker: Guy Webber

  • Rijk’s Private Cellar Pinotage 2009

WO: Tulbagh

Verlede jaar se wenners

Voorste tien pinotagewyne:

  • Allée Bleue Black Series Old Vine Pinotage 2016
  • Beyerskloof Diesel Pinotage 2015
  • Diemersdal Pinotage Reserve 2017
  • Fairview Primo Pinotage 2016
  • Flagstone Writer’s Block Pinotage 2016
  • Kaapzicht Steytler Pinotage 2015
  • Kanonkop Pinotage 2013
  • Lyngrove Platinum Pinotage 2016
  • Môreson The Widow Maker Pinotage 2015
  • Rijk’s Reserve Pinotage 2014

Museumklas-wenners

  • Kanonkop Pinotage 2006 
  • Neethlingshof Lord Neethling Pinotage 2003
  • Rijk’s Private Cellar Pinotage 2008

Pierre Wahl

Meer oor:  Kos En Wyn  |  Pinotage  |  Wyntoekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.