Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
Knak ’n ‘bier’ saam met jou beste vriend

As jy nie daarvan hou om alleen te drink nie, kan jy nou danksy The Kennel Brewery ná werk saam met jou hond ’n ‘bier’ geniet.

Geniet ’n hondevriendelike ‘bier’ saam met jou hond danksy The Kennel Brewery se nuwe reeks biere. Foto: Verskaf

Dié Durbanville-brouery het onlangs twee biere bekend ­gestel wat spesiaal vir honde gemaak is: die Dorshond in ’n hoendergeur en die Ipalot in ’n biefgeur (albei R32).

Moenie kommer oor die idee van bier vir jou hond gee nie, want hierdie biere is niealkoholies, sonder gas en bevat geen hop of kunsmatige suiker nie. Die biere word van topklas­aftreksel gemaak en kan selfs oor jou hondekind se pille of kos gegooi word.

Binnekort gaan die brouery ook hondekoekies begin verkoop wat gemaak sal word van die afvalgraan waarmee hulle bier maak – wees dus op die uitkyk hiervoor.

The Kennel Brewery het al sedert hul eerste brousel twee jaar gelede ’n verskeidenheid van pryse verower, soos die beste nuweling in 2017 en silwer vir twee biere by die Nasionale Biertrofee-pryse.

Dit is dus veilig om te sê dat hul craftbier genotvol vir mens én dier is.

Hul reeks craftbiere se etikette (wat ook al met pryse bekroon is) het elkeen ’n skets op van ’n ander soort hond en die name is onder meer Maltyeast Poodle en St Beernard. Ander sluit in die Indian Pale Ale genaamd Alesatian, die India Red Lager genaamd Lagerdor en die Smoker Porter genaamd Porter Collie. Dit kos R39 per bier.

Die Dorshond en Ipalot is veilig vir honde om net so te geniet of oor hul kos. Daar is ’n hoender- of biefgeur.

Besoek The Kennel Brewery se taphuis in die Paarl om een van dié unieke biere te geniet. Dis kos R25 vir 280 ml bier, R40 vir 500 ml, en om bier te proe kos R10 per 100 ml.

Hulle bedien ook tradisionele Duitse kos om saam met die craftbier te geniet, asook je­newermengeldrankies en wyn.

  • Die taphuis is Vrydagmiddae, Saterdae en Sondae oop. Hulle is op die perseel van die Mountain Shadows-gastehuis geleë.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.