Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
Lê dit in en geniet dit!

Byna almal in Suid-Afrika ken ingelegde groente en vrugte, want dit is byna so deel van ons land se geskiedenis soos om ietsie op die braaikole te gooi.

In hierdie week se episode van Uit die spens word die kuns van inlê gevier.

Kykers kan elke week inskakel op VIA (DStv-kanaal 147) en saam kook aan nostalgiese onthoukos uit Die Burger se argief.

Hennie Nel, sjef by die Farm Café van Spier, en Sonja Edridge, ’n kosstilis, konsultant en private sjef, is die twee gaste wat hierdie week twee weergawes van ’n resep gaan maak – die een maak die historiese resep uit die argief en die ander ’n moderne weergawe daarvan.

Dié program word deur Lynelle Kenned aangebied wat weekliks saam met twee gaste gaan kos kook.

  • Kyk Uit die spenselke Donderdag om 21:00 op VIA.
  • Lees elke Woensdag Versnitvir ’n onderhoud met een van die gaste wat ’n draai kom maak en die vorige week se resepte.

Ontmoet vir sjef Hennie

Sjef Hennie Nel. Foto: Verskaf

Die man agter die potte by die Farm Café van Spier, Hennie Nel, deel meer oor homself.

1. Wat is die belangrikste bestanddele in ’n kombuis wat jy nié in die rakke vind nie?

Omgee en passie. Hierdie twee goed is die sleutel tot ’n lekker dis.

Asook goeie spanwerk in die kombuis.

2. Hoe kies jy kos vir jou spyskaart by Spier Farm Café?

Toe ons die spyskaart opgestel het, wou ons ’n seleksie van disse opsit wat smaaklik is, maar steeds informeel voel.

Die Café is nie ’n stywe restaurant waar jy jou kos kry en voel jy is nie ordentlik genoeg aangetrek nie – dis ’n plek om informeel met vriende en familie te kuier.

3. Wat is die geheim tot ’n lekker bord kos?

’n Lekker bord kos benodig goeie bestanddele voorberei met die regte tegnieke.

En kos moet die heeltyd geproe word om seker te maak die smake het ’n balans sodat een bestanddeel nie die ander oorheers nie.

4. Jy verskyn in die inlê-episode. Wat is jou gunstelingprodukte om in te lê?

Ek is mal oor kwepers. My ouma het dit altyd bedien saam met warm vla en ek kan nie genoeg daarvan eet nie.

5. Wat onthou jy van ingelegde produkte uit jou kinderdae?

Ek dink baie van ons het grootgeword met ingelegde perskes en koue vla, tuisgemaakte blatjang, slaphakskeentjies, Sondagmiddae met geroosterde lamsboud en dan natuurlik copper penny-slaai en kerrieboontjies.

En moet dan ook nie vergeet van al die vye- en druiwekonfyt nie!

Meer oor:  Uit Die Spens  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.