Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
RESEP: Basaar-kerriemaalvleis

Wat jy benodig

  • olie vir braai
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 wortels, geskil en in blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 kg maalvleis
  • sout en peper
  • 30 ml kerriepoeier
  • 10 ml borrie
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • 30 ml wit asyn
  • 3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 350 g bevrore jong ertjies

Maak dan só

Braai die uie in bietjie olie tot ligbruin en deurskynend, voeg wortels en knoffelhuisies by en braai nog 5 minute.

Kerriemaalvleis. Foto: Ian du Toit

Voeg die maalvleis by en braai om kleur te kry. Voeg sout en peper, kerriepoeier en borrie by, roer tot geurig en voeg die aftreksel, asyn en aartappels by. Verlaag die hitte en prut met die deksel op tot die sous mooi glansend en ryk is. Voeg die bevrore ertjies by, verhit goed deur, geur na smaak.

Bedien met witrys, blatjang, klapper en piesangskyfies of tamatiesambal.

Meer oor:  Kerrie  |  Maalvleis  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.