Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
RESEP: Pampoen-koekies

Maak 12 pampoenkoekies.

Wat jy benodig

  • 600 ml gaar, fyngemaakte pampoen of botterskorsie
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • stewige mespunt anys
  • 2 eiers, geklits
  • olyfolie vir vlakvetbraai
  • kaneelsuiker
  • Opsioneel: blomblaartjies van marigolds (stinkafrikaners)

Maak dan só

Meng die pampoenmoes, meel, bakpoeier, sout en anys in ’n mengbak.

Pampoenkoekies.

Roer die geklitste eiers by om ’n slapperige beslag te vorm.

Giet ’n bietjie olie in ’n pan, skep lepelsvol (4 – 5 koekies op ’n keer) in die warm olie en braai aan albei kante tot goudbruin en gaar.

Dreineer op kombuispapier, strooi kaneelsuiker oor en rond opsioneel af met eetbare blommetjies.

Meer oor:  Resep  |  Pampoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.