Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
RESEP: Shiso-panna cotta met aarbei-coulis

Bedien 4

Wat jy benodig

Panna cotta

  • 400 ml room
  • 6 shiso-blare (jy kan kruisementblare gebruik as jy nie shiso-blare kan opspoor nie)
  • 4 velle gelatien
  • 30 g strooisuiker

Aarbei-coulis

  • 400 g vars aarbeie
  • 40 g suiker
  • sap van 1 suurlemoen

Garnering

  • shiso-chiffonade
  • braambessies (blackberries)
  • nektariene, gesny
Foto: Verskaf

Maak dan só

Panna cotta: Verhit die room met die shiso-blare en suiker en laat dit vir 5 minute kook.

Week die gelatien in water, dreineer, en voeg dit by die room. Giet dit oor in dariol-vorms en plaas in die yskas vir twee uur.

Aarbei-coulis: Meng al die bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot glad en giet oor in ’n spuitbotteltjie.

Garnering: Haal die panna cotta uit die vorms en plaas opsy. Skep die coulis op die middel van die bord en plaas die panna cotta bo-op. Rangskik die vrugte om een helfte van die bord en bedek met die chiffonade.

Meer oor:  Resep  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.