Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
RESEP: Vaaljapie se gunsteling

Wat jy benodig

Vir 6 groot porsies:

  • 4 eiers, geskei
  • 440 ml witsuiker
  • 125 ml koekmeel
  • 500 ml volroommelk
  • 380 ml lemoensap
  • 30 ml suurlemoensap
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen en 1 lemoen
  • 60 ml gesoute botter, gesmelt

Maak dan só

Voorverhit die oond tot 180°. Smeer ’n groot oondskottel met afmetings sowat 30 cm x 20 cm liggies met botter.

Klits die eiergele en suiker In ’n groot mengbak tot lig en donsig. Voeg die meel en die melk om die beurt by en roer goed ná elke byvoeging. Roer die lemoensap, suurlemoensap, skil en gesmelte botter by.

Klop die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in.

Giet die mengsel in die gesmeerde oondskottel, plaas binne-in ’n warmbad en bak 45 minute tot diep goudbruin.

Die poeding vorm sy eie sous onder die bokors.

Meer oor:  Nagereg  |  Poeding  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.