Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
Van Constantia tot Calitzdorp – hier is Michelangelo se wenners

Van die oudste tot die innoverendste is Vrydagaand by die Michelangelo- internasionale wyn-en-spiritualieëkompetisie vereer.

Daniel Nel van Boplaas, wat aangewys is as die toppresteerder by vanjaar se toekennings.Foto’s: VERSKAF

By dié geleentheid by die Cape Sun-hotel in Kaapstad is die wenners van die kompetisie, die grootste drankkompetisie op die Afrika-kontinent, aangewys met Groot Constantia en Boplaas wat met die louere weggestap het.

Lorraine Immelman, stigter en uitvoerende hoof van die Michel­angelo-pryse, sê die beoordelaars was dit eens dat Suid-Afrika tans na hul mening die beste wyne in sy geskiedenis maak, wat aangevul word deur ’n diverse en opwindende spiritua­lieë­komponent van topgehalte.

“Vanjaar het die beoordelaars sommeliers, wyn- en spiritua­lieëprodusente, opvoeders, spiritualieëkenners en invloedryke joernaliste ingesluit vanuit Europa, die Verre Ooste en die Amerikas, van wie sommige al in die verlede op verskeie Michelangelo-proe­panele beoordeel het,” sê sy. “Die gehalte van wyne is merkbaar op die hoogste standaard nóg, met die brandewyne en ander spiritualieë wat as wêreldklas beskou word wat distillasietegniek en geurdiversiteit betref.”

Altesaam 25 trofeë, 13 platinummedaljes en 146 dubbelgoudmedaljes is vanjaar toegeken.

“Die hoë getal dubbelgoud­medaljes weerspieël beslis die beoordelaars se kommentare en die puntetellings wat vanjaar ingedien is,” sê Immelman. “Ten spyte van ’n ekstra werklading weens die getal inskrywings wat vir ’n tweede jaar agtereenvolgens die 2 000-kerf oorskry het, was die beoordelaars dit eens dat die standaard die hoogste tot nog toe was vir albei die wyn- en spiritualieëkategorie se inskrywings.”

’n Totaal van 124 jenewers is ook vanjaar ingeskryf – byna dubbeld die inskrywings wat verlede jaar ontvang is.

Tydens die prysuitdeling­seremonie het Immelman die belangrikheid benadruk om bykomende maniere te vind om wyn- en spiritualieëprodusente wat vir die kompetisie inskryf, te bevoordeel. Vir haar span gaan dit daaroor om waarde toe te voeg deur Michelangelo.

“Ons kompetisie was nog altyd daartoe verbind om te verseker dat produsente wat inskryf en die mense wat die wenwyne en -spiritualieë volg, waarde vind in die Michelangelo-handelsmerk,” sê Immelman.

“Dit is vanjaar byvoorbeeld die derde keer dat die kompetisie die wêreld se toenemende afhanklikheid van tegnologie omarm deur ’n wêreldeerste na wyn- en spiritualieëkompetisies te bring in die vorm van QR (Quick Re­sponse)-kodes op wenwyne wat vir verbruikers agtergrondinligting daaroor bied.”

Groot Constantia het die Multi Color Grand Prix gewen vir beste presteerder in die wynafdeling. Op die foto is (van links) Zoyon le Seuer van Multi Color, Johannes Warrier, keldervoorman van Groot Constantia, en Lorraine Immelman, uitvoerende hoof van die Michelangelo-pryse.

Só lyk die wenners

Meer as 2 000 inskrywings is vanjaar vir die Michelangelo-pryse ontvang. Dit is deur 24 internasionale en ses Suid-Afrikaanse wyn- en spiritualieëkenners beoordeel wat altesaam 22 lande verteenwoordig.

Groot Constantia, wat ’n geskiedenis het wat terugdateer tot 1685, het die Multi Color Corporation Grand Prix ontvang vir die toppresterende wyn vir die Groot Constantia Chardonnay 2018. Die Groot Constantia Shiraz 2016 het ook uitgeblink deur die Airlink Shiraz-trofee te wen. Verder het die landgoed ’n dubbelgoudmedalje gewen vir sy Cabernet Sauvignon 2017 en goue medaljes vir die Shiraz 2017 en Grand Constance 2016-dessertwyn.

Boplaas Family Vineyards van Calitzdorp het weggestap met die Bidvest Bank-trofee vir top­produsent vir sy beroemde dessertwyne. Die Boplaas Cape Vintage Reserve 2009 het die Multi Color Corporation Grand Prix vir toppresterende dessertwyn verower. Boplaas het ook ’n platinum­medalje vir die Cape Vintage Reserve 2017 en Heritage Whit­e Muscadel 2014 gekry.

Vanjaar is 13 platinummedaljes aan die beste wyne van die kompetisie toegeken.
Daar is altesaam 25 trofeë tydens die prysgeleentheid aan verskillende produsente en wyne oorhandig.

In die spiritualieë-afdeling het die koninklike Afrika- en luukse handelsmerk Bayede! die Kuehne & Nagel Grand Prix ontvang vir toppresterende spiritus vir die XO Royal Cape Brandy. Bayede! het ook ’n platinummedalje in die wyn­afdeling gewen met die 7 Icon Pinotage 2017.

Vanjaar se topwynprodusente sluit in Perdeberg in die Paarl, wat een platinum- en drie dubbelgoudmedaljes gewen het. Platinum het gegaan aan The Dry Land Collection Longevity Natural Sweet Chenin Blanc 2017, met goud wat toegeken is aan The Dry Land Collection Joseph’s Leg­a­cy 2015 (rooi versnit), The Dry Land Collec­tion Resolve Pinotage 2017 en Rex Equus Chenin Blanc 2014.

Die kleinhandelaar Shoprite Checkers het nege dubbelgoudmedaljes gewen vir sy reeks wyne. Onder die Odd Bins-handelsmerk is dubbelgoud toegeken aan die Sauvignon Blanc Bin 232 2019, Sauvignon Blanc Bin 218 2019, Méthode Cap Classique Demi-Sec Bin 27, Méthode Cap Classique Demi-Sec Rosé Bin 34 2017, Red Blend Bin 959 2018, Cabernet Sauvignon Bin 814 2018 en Red Merlot Bin 515 2017. Dubbelgoudmedaljes is ook toegeken aan die Shoprite Checkers’ Backsberg Checkers Colab Shiraz 2018 en Wildekrans Checkers Colab Pinotage 2017.

In die spiritualieë-afdeling het Procera African Juniper Gin en Pathfinder Rum 2019 onderskeidelik die jenewer- en rumtrofee gewen.

Blomendahl Vineyards het weggestap met ’n platinumprys vir Roxi’s Botanical Gin en het die medalje vir die beste vodka ontvang vir sy Blomendahl Vodka.

Trofeë
  • African Cellar Suppliers Méthode Cap Classique-trofee: Christina Méthode Cap Classique Brut NV (Van Loveren)
  • African Cellar Suppliers-pinot noir-trofee: Elgin Vintners Pinot Noir 2017
  • Bidvest Car Hire-chardonnay­trofee: Apogée Chardonnay 2017 (La Vierge)
  • Bidvest Car Hire-pinotagetrofee: Steytler Pinotage 2017 (Kaapzicht)
  • Bidvest Lounges Bordeaux-versnittrofee: Idiom Bordeaux Blend 2015 (Bottega Family Wines)
  • Bidvest Lounges Kaapse versnit-trofee: Rooiberg Winery Cape Blend 2015
  • Consol- organiese trofee: Lazanou Organic Vineyards Chenin Chardonnay Viognier 2018
  • Michelangelo-museumklastrofee: Ormonde Theodore Eksteen 2007
  • Michelangelo-whiskytrofee: Paul John Brilliance Indian Single Malt Whisky
  • Tsogo Sun Hotels-cabernet sauvignon-trofee: Erica Cabernet Sauvignon 2016 (Raka Wine)
  • Tsogo Sun Hotels-sauvignon blanc-trofee: Arabella Sauvignon Blanc 2019
  • Michelangelo-cabernet franc­trofee: Zorgvliet Cabernet Franc 2017
  • Michelangelo-trofee vir mees innoverende spiritus: Mutiny Rooibos Bitters (West Coast Distillers)
  • Barker & Quin-jenewertrofee: Procera African Juniper Gin
  • Barker & Quin-rumtrofee: Pathfinder Rum 2019 (25 Degrees South Distillery)
  • Michelangelo-trofee vir top- internasionale produsent: Znovin Znojmo Tsjeggiese Republeik
  • Airlink-brandewyntrofee: Oude Molen VS Brandy
  • Airlink-shiraztrofee: Groot Constantia Shiraz 2016
  • Bidvest Bank-merlottrofee: Neethlingshof Estate Merlot 2017
  • Kuehne & Nagel-chenin blanc-trofee: Mariette Chenin Blanc 2018 (Le Belle Rebelle)
  • Kuehne & Nagel-trofee vir top- internasionale inskrywing: Cépage Ryzlink vlassky 2017 (Nové Vinarstvi)
  • Kuehne & Nagel- toppresterende spiritus- Grand Prix: Bayede! XO Royal Cape Brandy
  • Bidvest Bank-topprodusent­trofee: Boplaas Family Vineyards
  • Multi Color Corporation-dessertwyn- Grand Prix: Boplaas Cape Vintage Reserve 2009 X
  • Multi Color Corporation-top­presterende wyn- Grand Prix: Groot Constantia Chardonnay 2018

Platinum
  • BAYEDE! 7 Icon Pinotage 2017
  • Blomendahl Vineyards Roxi’s Botanical Gin
  • Boplaas Cape Vintage Reserve 2017
  • Boplaas Cape Vintage Reserve 2009
  • Boplaas White Heritage Muscadel 2014
  • Chateau Riesling 2017
  • De Krans Muscat de Frontignan 2019
  • De Wetshof The Site Chardonnay 2016
  • Wild Rosé Fynbos Gin
  • Nederburg The Winemasters Noble Late Harvest 2018
  • Cape Marula Cream Liqueur
  • Perdeberg The Dry Land Collection Longevity Natural Sweet Chenin Blanc 2017
  • Peter Falke PF Cabernet Sauvignon 2017
Spesiale toekennings
  • Blomendahl Vodka: medalje vir beste vodka
  • Boland Cellar Cappupinoccinotage 2019: medalje vir beste koffie-pinotage
  • Two Green Lemons John Ross Virgin Distilled Botanicals: medalje vir beste laealkohol- produk

    Meer oor:  Calitzdorp  |  Constantia  |  Wyn  |  Versnit
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Kontak Die Burger Kontak ons
    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.