Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
Van Vlakte tot entrepreneur

Wynmaker, entrepreneur en weldoener: Carmen Stevens is ’n sakevrou met ’n storie.

Stevens is een van die 15 finaliste van die 31ste Entrepreneur van die Jaar-kompetisie wat deur Sanlam en BUSINESS/PARTNERS geborg word.

Dié Kapenaar het op die Kaapse Vlakte grootgeword, waar sy gedroom het van ’n loopbaan as wynmaker.

“Ek het altyd geweet ek sal ’n wynmaker word. Die waarheid is, as ’n jong meisie wat op die Kaapse Vlakte woon, het ek beperkte kennis gehad oor hoe om my drome in realiteit te omskep,” sê sy.

Stevens sê dat sy ook beperkte inligting gehad het oor die bedryf en hoe om wyn te maak en boonop nog nooit gehoor het van wynmakers wat soos sy lyk nie.

Ná vele teleurstellings met haar planne om wynmaak te studeer, is sy uiteindelik in 1993 aanvaar om by die Elsenburg-landboukollege te studeer.

Ná vele teleurstellings met haar planne om wynmaak te studeer, is sy uiteindelik in 1993 aanvaar om by die Elsenburg-landboukollege te studeer, waar sy as die eerste swart wyn­maker in Suid-Afrika graad gevang het.

Stevens het haar tande geslyp by ’n paar wynprodusente voordat sy in 2011 haar eie onderneming gestig het.

Vandag is sy die eienaar van Carmen Stevens Wines en die wynmaker van dié veel­bekroonde wyne.

Hoewel sy klein begin het, verwerk sy vandag 150 ton en het in 2018 ’n omset van R8,1 miljoen gehad. Die meerderheid van haar wyn word uitgevoer.

Behalwe wynmaak, is sy ook passievol oor die belang van goeie onderrig en gesonde voeding vir kinders. Sy het ook die Carmen Stevens Foundation gestig om ’n verskil te maak. Sy ondersteun onder meer die Peninsula School Feed­ing Association (PFSA) met ’n sopkombuis.

  • Een van die finaliste sal aangewys word as die 2019 Entrepreneur van die Jaar en wenners sal gekies word vir elk van die vyf kategorieë: opkomende entrepreneur, klein onderneming, mediumonderneming, werkskepper en innoveerder van die jaar.

Die wenners word op Woensdag 4 September in Johannesburg aangekondig.

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Sakevrou  |  Entrepreneur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.