Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Versnit
Wynroetes bekroon die 2019-oesjaar

Al was die droogte die af­gelope paar jaar ’n groot probleem vir kelders, wys hulle steeds dat dit hulle nie onderkry óf keer om topgehaltewyn te produseer nie.

Vanjaar se Jongwyn-streekkompetisies het gewys dat die 2019-oesjaar nie terugstaan nie – veral as dit kom by pryse.

Die Klein-Karoo, Swartland en Robertson het onlangs hul onderskeie Jongwyn-kompetisies afgehandel en die volgende is die sterre van dié wynroetes:

Darling Cellars het onder meer vier trofeë by die Swartland Jongwynskou ontvang – die meeste van al die kelders.Foto: DARÉLL LOURENS

Klein-Karoo

Die sewende jaar agtereenvolgens het die Montagu-wynkelder sy staal gewys deur as die kampioen-produsentekelder aangewys te word.

Die kelder se wyne wat presteer het, sluit in die chardonnay, chenin blanc, colombar, sauvignon blanc, natuurlike soetwyn, cabernet sauvignon, merlot, pinotage, ruby cabernet, shiraz en muskaat.

De Krans is as reserwekam­pioen-privaatkelder aangewys en Boplaas as die kampioen­privaatkelder met die kampioen- droë witwyn én die reserwekampioen- niemuskaat- versterkte wyn.

Die Calitzdorp-wynkelder is aangewys as die reserwekam­pioen-produsentekelder én is ook bekroon met die kampioenwyn, die kampioen- niemuskaat- versterkte wyn en kampioen- natuurlike soetwyn.

Só lyk elke plaas se klaswenners en medaljes:

  • Boplaas: 5 klaswenners; 1 goud en 1 brons.
  • Calitzdorp-wynkelder: 4 klaswenners; 1 goud, 3 silwer en 4 brons.
  • De Krans: 2 klaswenners; 4 silwer en 2 brons.
  • Excelsior-Vlakteplaas: 2 klaswenners; 1 silwer.
  • Montagu-wynkelder: 19 klaswenners; 1 goud, 8 silwer en 3 brons.
Die kampioen-produsentekelder by die Klein-Karoo Jongwynskou 2019 is die Montagu-wynkelder – die sewende jaar agtereenvolgens. Op die foto is Chris de Villiers (links) en Hermias Vollgraaff van die kelder. Foto: RONEL PRESTON

Swartland

Darling Cellars het by vanjaar se Swartland Jongwynskou weg­gestap met die meeste trofeë.

Hul chenin blanc, sémillon en ’n witversnit is onder meer vereer en hulle het die trofee vir die vyf beste inskrywings ontvang.

Kort op hul hakke is Pulpit Rock met drie trofeë en Riebeeck Valley Wine Co. met twee trofeë waaronder een vir die groot kampioenwyn.

  • CJP Chemicals-chenin blanc­trofee: Darling Cellars
  • Kobus Basson-kampioen­pinotage-trofee: Pulpit Rock
  • Kotzé/Steyn-kampioenshiraz-trofee: Babylon’s Peak
  • Séan Nieuwoudt-cinsauttrofee: Pulpit Rock
  • WPK/Kaap Agri-kampioen- natuurlike soetwyn: Groote Post
  • SAIL-kampioen- versterkte wyn: Allesverloren
  • SAIL-kampioen- ander witwyn-druifsoort: Darling Cellars
  • Citrusdal Cellars-kampioen- ander rooiwyndruifsoort: Pulpit Rock
  • Malmesbury Toyota-kampioen- droë witwyn: Darling Cellars
  • Malmesbury Motors-kampioen- droë rooiwyn: Riebeek Valley Win­e Co.
  • Absa- groot kampioen: Riebeek Valley Wine Co.
  • Vinochem-trofee vir die vyf beste inskrywings: Darling Cellars
Die span van Bon Courage met hul rits trofeë wat hulle by die Robertson Jongwynskou 2019 ontvang het. Hulle het nege trofeë gekry, onder meer die beste kampioenwyn van die kompetisie. Foto: VERSKAF

Robertson

Met nege trofeë het Bon Courage weggestap as die groot wenner van die Robertson Jongwynskou.

Hulle is bekroon vir onder meer hul chenin blanc, sauvignon blanc, colombar, port, edel laatoes, sémillon en shiraz. Verder het hulle trofeë ontvang vir die beste vyf wyne én die kampioenwyn van die kompetisie.

Nóg ’n groot wenner was die Ashton-kelder met vyf trofeë.

  • Bon Courage-trofee vir cabernet sauvignon: Bonnievale Wines
  • CJ Petrow-trofee vir chenin blanc: Bon Courage
  • De Wetshof-trofee vir chardonnay: Langverwacht
  • Imvusa Stainless Steel-trofeevir sauvignon blanc: Bon Courage
  • Infigro-trofee vir pinotage: McGregor Wines
  • Johan de Wet-trofee vir ander witwyn: Ashton-kelder
  • Mountain River-trofee vir droë witwyn: Ashton-kelder
  • Overberg-trofee vir muskadel: Rooiberg
  • Pon van Zyl-trofee vir colombar: Bon Courage
  • Rietvallei-trofee vir soet wit: Bonnievale Wines
  • Ritter Stainless Steel-trofee vir port: Bon Courage
  • Roelou Barry-trofee vir edel laatoes: Bon Courage
  • Robertson Wine Valley vir ander rooiwyn: Ashton-kelder
  • RX SA-trofee vir merlot: Ashton-kelder
  • Metropolitan-trofee vir sémillon: Bon Courage
  • Standard Bank-trofee vir shiraz: Bon Courage
  • Vinochem-trofee vir droë rooiwyn: Ashton-kelder
  • Diam-trofee vir pinot noir: Jan Harmsgat
  • Laffort-trofee vir die beste vyf benoemde wyne: Bon Courage
  • JF Hillebrand vir Robertson- kampioenwyn: Bon Courage
Meer oor:  Kos En Wyn  |  Versnit  |  Wyntoekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.