Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Babahuis kry hupstootjie

’n Vroeë Kersgeskenk aan die Helderberg Baby Sanctuary sal sorg dat die kleingoed wat in die Paardevlei-kinderhuis woon, vanjaar ’n gemaklike feestyd sal hê.

Die skenking van babaprodukte, wat doeke, melk en sneesdoekies, asook ’n koopbewys en 10 kg tandekry­beskuitjies van Khayelitsha Cookies insluit, is verlede Woensdag (5 Desember) as deel van Radio Tygerberg 104fm se Kind100-geldinsamelingsprojek by die organisasie afgelewer.

Luidens ’n verklaring van die gemeenskapsradiostasie is die projek onlangs van stapel gestuur. “Geld is ingesamel vir kinderhuise en plekke van veiligheid met die fokus op kinders wat die vakansie geen ander heenkome het nie. Personeel van die stasie het verlede week verskeie organisasies besoek om geskenkbewyse en produkte uit te deel asook om bewustheid te skep van die reusenood wat organisasies sonder winsbejag in hierdie tyd beleef.”

Die Heartlands Baby Sanctuary, wat een van 11 organisasies is wat as begunstigdes geïdentifiseer is, is ’n geregistreerde kinder- en jeugsorgsentrum asook pediatriese hospies wat voltydse inblysorg vir wees- en hoërisikokinders in die streek bied.

Monica Buitendag, uitvoerende hoof van Heartlands Baby Sanctuary, meen die skenkings is van onskatbare waarde.

“Ons werk met verskeie hoogs opgeleide professionele mense by Heartlands en ook sowat 80 vrywilligers wat help om veral ons babas vas te hou en te verseker dat die kleintjies weet hulle is geliefd,” het sy verduidelik.

“Alles kos egter geld – petrol, elektrisiteit en water, mediese voorraad en natuurlik doeke en melk. Hierdie skenkings verseker dat ons kan voortgaan om hierdie noodsaaklike dienste te lewer.”

Die organisasie, wat in Ou Paardevleiweg geleë is, pronk met ’n koffiewinkel en winkel vir gebruikte goedere en bied ook gesellighede aan om hul geldsake aan te vul.

Nog inligting oor Radio Tygerberg 104fm se Kind100-projek is beskikbaar by www.tygerberg104fm.co.za.

V Mense wat by Heartlands betrokke te raak of besonderhede oor die organisasie en sy werk wil hê, www.heartlands.org besoek of 021 852 3527 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.