Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Besoekers kyk noord ná Southside-misdaad

Besoekers aan die Southside-winkelsentrum is bekommerd oor hul veiligheid.

Een koper meen die misdaad by die sentrum in Gordonsbaai­weg, Strand, is aan die toeneem en dit is kommerwekkend.

“Daar is ’n toename in ongure karakters by die dobbel­plek en iemand is ’n paar dae gelede oorkant die pad by die vulstasie beroof en met ’n mes gesteek. Selfs hoërskoolleerders raak beledigend en aggressief wanneer besoekers aan die sentrum nie geld op hul kollektelyste wil sit nie.”

Hulle meen ook die eienaar van die sentrum ignoreer hul klagtes, maar Christie Swartz van JLK Konstruksie sê hulle is bewus van alle voorvalle by die sentrum.

“Ons en die winkeleienaars monitor die situasie by die sentrum noukeurig, asook die polisie en die sekerheidsfirma. Ons is egter bekommerd dat die Strand die laaste 12 maande oor die algemeen ’n skerp toename in misdaad toon, wat geweldige druk op ons sekerheidswagte plaas. Ons is ook bekommerd dat ons nie die nodige samewerking van die polisie af kry nie.”

Swartz het bygevoeg dat hulle wel ’n versoek aan die polisie gerig het om hul teenwoordig­heid in Strand te verskerp.

Die besoeker aan die sentrum het ook verduidelik van ’n voorval waar ’n verdagte met ’n hond die OTM wou beskadig en toe ’n vroulike sekerheidswag hom wou keer, het die verdagte sy hond op die wag losgelaat.

Hy se: “Sekerheid is onvoldoende. Baie pensioen­trekkers besoek die sentrum en word nou bang om hul sake daar te doen.”

Die sekerheidspersoneel is nie gewapen nie, het Swartz bygevoeg.

“Hulle is nie gemagtig om enige geweld te gebruik nie, wat ook weer ’n probleem veroorsaak aangesien baie van die misdadigers gewapen is met stukkende glas of ander voorwerpe wat hulle gebruik om die wagte aan te val.”

Ten slotte sê hy hulle oorweeg dit sterk om toegangs­beheer by die sentrum in te stel as die situasie nie gou verbeter nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.