Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brandweerdienste het hul hande vol

. Die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste het ook op ’n brand wat Saterdag (7 November) by Mandela-park uitgebreek het, gereageer.

Volgens die woordvoerder, Jermaine Carelse, is hulle Saterdag omstreeks 09:25 na die toneel ontbied. Carelse het gesê altesaam 21 brandbestryders van Somerset-Wes, Sir Lowry’s Pass, Strand, Khayelitsha, Lansdowne en Belhar het met drie brandweerwaens, twee watertenkers en ’n reddingsvoertuig op die voorval gereageer.

“Altesaam 16 informele strukture is in die brand vernietig en gevolglik is 65 mense haweloos gelaat. Een persoon is ook in die voorval beseer,” het Carelse gesê.

Die oorsaak van die brand, wat teen 11:30 geblus is, is steeds onbekend. . Brand- en reddingsdienste is Maandag (9 November) weer ontbied toe nog ’n verwoestende brand vermoedelik weens ’n elektriese kortsluiting in Ringlaan ontstaan het.

Volgens Carelse is 17 brandbestryders van Macassar, Khayelitsha, Strand en Somerset-Wes en drie brandweerwaens en ’n reddingsvoertuig om 15:41 na die toneel waar ’n informele struktuur aan die agterkant van ’n formele woning vlamgevat het.

“ ’n Wendy-huis is heeltemal vernietig in die brand wat by Ringlaan 84 in Riverside ontstaan het. Die brand wat vermoedelik weens ’n elektriese kortsluiting uitgebreek het, is teen 16:39 geblus.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.