Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Broodman agter stuur doodgeskiet

’n Plaaslike kleinsakeman en broodverspreider is Sondagoggend agter die stuurwiel doodgeskiet.

Dié voorval het op die hoek van Gerber-boulevard en Danielstraat in Gants-sentrum, Strand, plaasgevind en die lewe van Matoli Jackson Mko van Nomzamo geëis.

Kol. André Traut, die provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die omstandighede rakende die dood van die 41-jarige Mko wat omstreeks 10:45 deur ’n onbekende verdagte, wat steeds op vrye voet is, doodgeskiet is.

Heyns de Waal, bedryfshoof vir Gordonsbaai-sekuriteit, het gesê hulle is deur die polisie vir bystand na die toneel uitgeroep “waar iemand geskiet is”.

Die private veiligheidsmaatskappy se ambulansdienste, GBMed-Rescue, het ook op die voorval reageer en paramedici het met hul aankoms ’n Volkswagen Kombi aangetref met twee ruite aan weerskante wat uitgeskiet is. Die bestuurder was binne die voertuig waar hy onder die voorpaneel inmekaargesak het.

“Die misdaadtoneel was reeds afgesper. Ons het om koeëldoppies wat op die grond deur die polisie uitgewys is, beweeg en ’n manlike pasiënt wat oor die middelkonsole neergesak het, aangetref. Weens die polisie se versoek om nie die pasiënt te beweeg nie, kon ons nie voel vir ’n pols nie en kon gevolglik nie die verklaring doen nie,” het die woordvoerder verduidelik.

Volgens die woordvoerder het Metro-noodpersoneel Mko egter op die toneel dood verklaar.

Volgens ’n Strand-polisiewoordvoerder is Mko ’n skoot in die bolyf toegedien en het hy op die toneel beswyk.

Volgens Andries Geldenhuys, mede-eienaar van Nomzamo Community Bakery, het Mko die afgelope sewe maande as broodverspreider vir die bakkery, wat deur die private sektor werkskepping en armoedeverligting in die omgewing bied, gewerk. Die werksgeleentheid het Mko ook bemagtig om sy eie winkel in Nomzamo te bedryf.

“Hy was ’n harde werker; saggeaard en ’n gesinsman wat lief was vir sy vrou. Hy was net ’n super nice ou,” het hy gesê.

Geldenhuys het ook bygevoeg dat hulle besig was om ’n groot brood-depot op die been te bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.