Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drawwers kry vroegoggend vrou se lyk op die strand

Die liggaam van ’n vrou is vroeër hierdie week op die strand in Macassar gevind.

Die lyk van die 57-jarige inwoner van Makhaza is Dinsdagoggend (23 Junie) nakend op die sand aangetref.

Volgens ’n Macassar-polisiewoord­voerder is die polisie omstreeks 09:00 na die toneel ontbied. Strandgangers wat op die strand gedraf het, het op die vrou se lyk afgekom.

Die liggaam is gesig na onder op die sand gevind.

“Die vrou is op haar maag op die sand aangetref. Sy het slegs ’n bra aangehad.”

Volgens die polisiewoordvoerder het die lyk geen sigbare wonde gehad nie en vars bloed was in haar neus.

Die polisie het voorlopig ’n geregtelike doodsondersoek ingestel en wag op die uitslag van die lykskouing wat die oorsaak van dood sal bepaal.

Die vrou is geïdentifiseer nadat polisielede wat die toneel gefynkam het, op ’n handsak met ’n ID, selfoon en bewyse van ’n onlangse besoek aan die Makhaza-kliniek afgekom het. Die vonds het die polisie na die kliniek en haar huisadres gelei waar familielede die vrou aan ’n foto uitgeken het.

Volgens die polisiewoordvoerder het haar familie gister (Woensdag) ’n formele uitkenning gedoen.

Mense met inligting oor dié voorval kan sers. Mari Baron van die Macassar-polisie by 021 857 7100 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.