Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Egpaar in kaping in taxi afgemaai

Die Macassar-polisie se ondersoek na die dubbele moord nadat die lyke van ’n man en ’n vrou in ’n minibustaxi gevind is, het die oorledenes se identiteit bekendgemaak en onthul dat hulle die slagoffers van ’n vermeende kaping was.

Die gruvonds is verlede Dinsdagoggend (26 November) in Macassarweg naby ’n sandmyn gedoen (“Polisie vra hulp ná moorde”, DistriksPos, 28 November).

Die Macassar-polisie is na die toneel ontbied nadat twee polisiebeamptes van Mitchells Plain op die minibustaxi met die lyke afgekom het.

Die Macassar-polisie het met hul aankoms die bebloede lyke van ’n man en ’n vrou agter in ’n Toyota Quantum, met die registrasienommer CA 118060, aangetref. Die slagoffers het elk ’n kopskoot gehad. Hulle het agter in die minibustaxi gelê.

Die polisie het beslag gelê op een patroondoppie en een koeëlpunt wat in die voertuig gevind is.

Die identiteit van die oorledenes was teen druktyd verlede Woensdag onbekend, asook die motief van die dubbele moord.

’n Woordvoerder van die Macassar-polisie het die identiteit van die oorledenes vandeesweek bekendgemaak en bevestig dat hulle die slagoffers van ’n vermeende kaping was.

Die oorledenes is Nongomazi Vulindlela (33) en Thuliswa Nobhenxe (32) van Houtbaai. Die getroude paartjie is glo verlede Maandag (25 November) omstreeks 20:15 in die kusdorp gekaap.

“Besonderhede rakende die voorval en wat tot hul dood gelei het, is onbekend,” het die woordvoerder gesê.

’n Naasbestaande van Vulindlela het in ’n telefoniese onderhoud die familie se skok en hartseer uitgespreek en die oorledenes as “goeie mense” beskryf. Hy het vertel dat hy Dinsdagoggend 09:45 ’n oproep ontvang het nadat Vulindlela glo nie vir werk opgedaag het nie.

Vulindlela was ’n taxi-eienaar en -bestuurder. “Ek is onmiddellik na die Houtbaai-polisiekantoor waar ek die nuus meegedeel is. Ek was geskok deur die onverwagse, tragiese nuus,” het hy gesê.

Die ondersoek duur voort en enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konstabel Eric Mboniswa, by 021 857 7108 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.