Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familiekerk hou wynveiling

Die NG kerk Hottentots-Holland-familiekerkgemeente hou Vrydag 24 Mei ’n wynveiling van 18:00 en die winste van dié veiling sal aangewend word om die jeug van die gemeente en ook die res van die gemeenskap te bedien.

Die kerk verwelkom enige borgskappe in die vorm van wyn, naweke op wynplase, wyntoere en beperkte-uitgawe- wyn.

“Enige skenkings is welkom. Ons borge sal goeie blootstelling en advertering kry voor en natuurlik by die veiling,” sê ds. Nicola Alberts.

Tafels kan geborg word en maatskappye kan promosiemateriaal en logo’s uitstal en hul wyn bemark.

Voorsiening word vir sowat 100 uitgelese gaste uit die Helderbergkom en die groter Kaapstreek gemaak.

“Gegewe die noue band wat die NG kerk Hottentots-Holland nog altyd met die gemeenskappe in die Helderberg- en groter Wynland-omgewing gehad het, het ons dit goedgedink om ’n paar individue asook maatskappye in die omgewing te nader vir die skenking van wyn vir die byeenkoms.”

Elke borg word opreg waardeer.

“Die wins sal vir ’n goeie doel gebruik word.”

V Om te skenk, kontak ds. Nicola Alberts by 074 313 7745 of per e-pos by nicola@nghottentotsholland.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.