SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Geen afsluiting na seun se dood

Onbeantwoorde vrae. Slapelose nagte. Eindelose verlange.

Dít is waarmee ’n bedroefde ouer saamleef nadat hy jare gelede sy kind weens ernstige beserings ná ’n rooftog verloor het.

Tony Bezuidenhout (56) het sy hart uitgestort oor sy seun, Faizel Clifford, se hartverskeurende dood wat hy steeds ná vier jaar sukkel om te verwerk, en het ’n beroep op die publiek gedoen vir inligting wat nie net met die polisieondersoek kan help nie, maar ook afsluiting kan bied.

“Die meeste dae is ’n mens moedeloos; jy worstel met die hoekoms en waaroms. Maar wonderbaarlik vind jy die krag om jouself op te tel en nog ’n dag deur te sien,” het Bezuidenhout gesê.

Veral verlede Donderdag (25 Oktober) was vir hom erg omdat sy oorlede seun sy 34ste verjaardag sou gevier het.

Soos hy elke jaar doen, het hy die dag tyd by sy graf deurgebring om nader aan hom te voel en met hom te gesels.

Bezuidenhout het vertel dat hy op 7 Junie 2014 deur twee mans aangeval en beroof is nadat sy bakkie in Kramatweg buite Macassar gaan staan het. Dit was kort nadat hy sy vrou daardie oggend by die werk gaan aflaai het.

Volgens Bezuidenhout is Faizel met ’n glasbottel teen die agterkop geslaan voordat die rowers met sy selfoon en trouring op die vlug geslaan het.

“Hy het met kopbeserings en al na sy ouma, wat nou al oorlede is, se nabygeleë woning gehardloop om hulp te ontbied en is per ambulans na die Helderberg-hospitaal vervoer,” het Bezuidenhout vertel.

“Hy is later na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas waar hy twee weke later, op 21 Junie, dood is – dít nadat hy weens sy beserings ’n noodoperasie moes ondergaan en ’n week lank in ’n koma was.”

Volgens Bezuidenhout het sy seun van kleins af aan ’n hartkwaal gely wat moontlik sy herstel benadeel het.

Volgens die ondersoekbeampte, a.o Kobus Greeff van die Macassar-polisie, het die polisie die moord ondersoek en afgehandel nadat geen leidrade of inligting gevind is nie.

“Ons kon geen getuies of iemand wat inligting oor die voorval kon bied, opspoor nie.

“As nuwe inligting aan die lig kom, sal die saak moontlik heropen word,” het Greeff verduidelik.

. Mense met inligting kan AO Greef by 021 857 7100 of kapt. Jenifer Leonard by 021 857 7125 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.