Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Help meisies om skool by te woon

Jy kan ’n meisie van ’n minderbevoorregte Helder­berg-gemeenskap help deur die Keep a Girl in School-veldtog te ondersteun.

Dié projek word elke jaar deur DistriksPos en Helder­berg Gazette gehou en versamel sanitêre doekies wat aan meisies by skole in minderbevoorregte gebiede van die streek uitgedeel word. Dit is in 2015 begin en het oor die jare ’n broodno­dige hulpbron vir dié jong vroue geword, wat weens hul maandelikse menstruele siklus gedwing word om belangrike skooldae te mis omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie.

Die projek geniet sedert sy ontstaan vyf jaar gelede groot sukses en duisende pakkies sanitêre doekies is aan meisies oorhandig.

Verlede jaar is byna 600 pakkies sanitêre doekies ingesamel en aan meisies in die streek oorhandig.

Vanjaar se Keep a Girl in School-veldtog sal tot einde November duur.

Die gemeenskap word genooi om skenkings van sanitêre doekies by die DistriksPos-kantoor by Mynhardtstraat 37, Gants-sentrum, weeksdae van 08:00 tot 16:00 af te laai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.