Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Huldeblyke stroom in ná oudhoof se dood

Meegevoel en huldeblyke bly instroom vir Ettienne Gouws, voormalige skoolhoof van Hoërskool Parel Vallei wat Vrydag 31 Mei aan kolonkanker oorlede is.

Gouws was vanaf Januarie 1997 tot April 2014 skoolhoof by PV en kollegas wat ’n pad met hom gestap het, is dit eens dat dié oudskoolhoof ’n merkwaardige man was met deeglike onderwyskennis.

Hy het lank ná sy aftrede nog skoolgeleenthede bygewoon. “Hy was toeganklik, liefdevol, regverdig en baie lief vir kinders,” sê Griselda Botha, PV se kommunikasiebeampte.

Voormalige PV kolegas sê hy was regverdig. “Sy entoesiasme en optimisme, hoë morele waardes en dat geen probleem nie opgelos kon word nie, is wat ons sal onthou.”

Hy was baie lief om aanhalings van Winston Churchill te gebruik en het sterk volgens Christelike waardes gelewe.

Sy bydrae tot Parel Vallei se sukses was waardevol en hy sal altyd onthou word vir sy passie, optimisme, toewyding en die wyse waarop hy mense hanteer het.

Hy en sy vrou, Marianne, was vir 42 jaar getroud. Hy laat sy vrou, twee kinders Juan en Suné en sy kleinkind Ava (2) agter.

Gouws se begrafnisdiens vind vandag (Donderdag 6 Junie) om 14:30 uit die NG kerk Kleinmond by Vierde Laan 67 plaas.

’n Gedenkdiens word Maandag 10 Junie om 13:00 in die skoolsaal by Hoërskool Parel Vallei, Parel Valleiweg 95, Somerset-Wes, gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.