Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoner dood ná skietvoorval

’n Stellenbosse man (43) is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat ’n vermeende bendelid van Strand in ’n beweerde roofpoging doodgeskiet is.

Dié voorval het die lewe van die 47-jarige Dylan Noble van Broadlandspark geëis.

Volgens ’n Strand-polisiewoordvoerder het die skietvoorval, wat na bewering uit ’n gepoogde roof gespruit het, verlede Vrydag (3 Januarie) om 14:45 in Fernstraat plaasgevind. Die verdagte het glo by sy vriendin se woning in dié straat gekuier toe Noble by hulle aangesluit het. Daar word beweer dat die verdagte glo vir Noble van die gelisensieerde vuurwapen wat hy in sy besit gehad het, wou beroof toe ’n stoeiery tussen die twee ontstaan het.

“ ’n Skoot het tydens die stoeiery afgegaan en Noble is glo in die maag gewond. Drie getuies wat uit vrees uit die huis gehardloop het, beweer dat hulle van buite nog twee skote gehoor het,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Volgens die woordvoerder het die verdagte beweer dat ’n gewonde Noble hom glo ná die eerste skoot wou aanval en dat hy in ’n teenaanval op hom losgebrand het.

Noble is glo nóg twee skote toegedien; hy is in die kop en skouer geskiet.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen wat weggestuur is vir ballistiese toetse, asook drie patroondoppies en skerp ammunisie wat in die magasyn gevind is.

Die verdagte het Maandag (6 Januarie) op aanklag van moord in die Strand-landdroshof verskyn.

Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is uitgestel tot 6 April.

Zorah Motasi, voorsitter van Vroue in Aksie, het in lig van die voorval gesê: “Baie min wat in die gemeenskap gebeur, skok ons, maar wanneer kosbare lewens, veral dié van jongelinge, kortgeknip word deur misdaad en geweld, ruk dit ons steeds. Die jongmense is ons grootmense en leiers van môre.

“Hierdie soort voorvalle is die simptome van negatiewe sosio-ekonomiese faktore soos werkloosheid wat lei tot bendebedrywighede en dwelmhandel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.