Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners die hoenders in

Plaaslike inwoners is erg onthuts nadat hulle vandeesweek onder ’n wanindruk na ’n vergadering gelok is.

En waarskynlik met rede . . .

Inwoners van Macassar is Dinsdagaand (5 Februarie) na ’n vergadering genooi waar hulle glo hul misnoeë oor die toenemende misdaad waaronder hulle gebuk gaan, sowel as ander kwelpunte, met Bheki Cele, die minister van polisie, kon bespreek. Tot hul verbasing is hulle deur Cele se spesiale adviseur, Lennit Max, wat wel teenwoordig was, ingelig dat Cele nie die vergadering sou bywoon nie.

Inwoners het glo die Macassar-gemeenskapspolisiëringsforum, wat gehelp het om die vergadering te reël, van vals advertering beskuldig – waarmee Max glo saamgestem het.

As ’n gemeenskap wat deur geweldsmisdade geteister word én ’n tekort aan polisiebronne het, asook trae reaksietyd en swak polisiesigbaarheid met die bekamping van misdaad, is dit onaanvaarbaar dat hulle om die bos gelei word. Hoe kan daar nog hoop wees op ’n oplossing vir hul probleme as só iets gebeur? Hoe moet hulle hul vertroue plaas in diegene wat moontlik hulp kan bied?

Vir die gemeenskap se onthalwe hoop ons hul kwessies het nie op dowe ore geval nie en dat oplossings vinnig gevind sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.