Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners staan saam

Inwoners van die Helderberg, insluitend Strand, Gordonsbaai en Somerset-Wes, het die afgelope naweek aan die Move One Million-betogings deelgeneem wat standpunt inneem teen korrupsie, plaasmoorde en geweld teen vroue en kinders.

In die Overberg het inwoners van Hermanus, Gansbaai, Kleinmond en ander gebiede ook die strate met plakkate ingevaar.

Aktiviste in die Kom het die koue lenteweer en -reën getrotseer om hul stem teen die kroniese probleme van Suid-Afrika te voeg. Die onaanvaarbare aantal wrede misdade en korrupsie in Suid-Afrika kan ’n mens soms hulpeloos laat voel. ’n Beweging soos Move One Million bemagtig gemeenskappe om hul frustrasie in woorde uit te druk. Dit is die eerste stap. Die tweede is egter om op gemeenskapsvlak daadwerklik aksie te neem en mense te help wat direk deur geweldsmisdaad geraak word.

Die Helderberg verloor gereeld kosbare lewens in sulke tragiese voorvalle wat in sekere gevalle kinders wees laat, ouers se grootste nagmerrie verwesenlik en naasbestaandes in die ouerlike rol inroep.

Die vraag bly: Hoe kan ons as gemeenskap in sulke tye help?

Hoewel die bejaarde paartjie in die berig op bladsy 3 nie slagoffers van geweld is nie, is die pogings van ’n omgee-gemeenskap om die haweloses te help, voorbeeldig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.