Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Jack of all trades’ sterf in trolliebotsing

’n Macassar-inwoner wat in ’n tragiese ongeluk dood is, sal Saterdag (12 Mei) ter ruste gelê word.

Mario Walker (47) is noodlottig beseer toe ’n motorvoertuig na bewering ’n groot venster wat die voetganger in ’n trollie langs Macassar-weg gestoot het, getref het. Die venster en trollie het die voetganger glo met die slag platgeslaan.

Volgens ’n polisiewoordvoerder het die voorval Maandag 30 April omstreeks 18:40 gebeur.

“Die voetganger het aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. ’n Klag van strafbare manslag word ondersoek,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Volgens die oorledene se suster, Michelle Jansen (50), het ’n verbyganger wat op die ongelukstoneel afgekom het, by haar ouerhuis opgedaag en die slegte nuus meegedeel.

“Dit is baie moeilik om die verlies te verwerk, veral omdat hy gewerk het om ons bejaarde ma (70) te onderhou,” het ’n bedroefde Jansen gesê.

Sy het vertel haar broer was ’n jack of all trades en het los werkies aangepak het vir ’n inkomste.

Op dié noodlottige Maandag het Walker die huis omstreeks 16:00 verlaat om ’n Firgrove-inwoner se vensterruit te vervang, het Jansen gesê.

Sy het haar geliefde broer as praterig, vriendelik en iemand wat ander aangeraak het, beskryf. Sy het bygevoeg dat vriende en kennisse wat hul medelye teenoor die familie uitgespreek het, slegs mooi herinneringe van hom gedeel het.

“Sy sin vir humor sal veral gemis word,” het Jansen gesê.

“Ons mis jou, maar ons sal jou weer sien.”

Walker word oorleef deur vier seuns en ’n dogter. Hy word Saterdag 12 Mei uit die Macassar-sportsaal begrawe. Bel Michelle Jansen by 078 596 6661 vir nog inligting.

. In ’n afsonderlike voorval is nog ’n voetganger Sondagoggend (6 Mei) op die N2 voor die Baden Powell-afdraai getref en aan sy beserings dood.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, kaptein Siyabulela Vukubi, is ’n man in ’n botsing wat omstreeks 08:00 op die snelweg gebeur het, dood.

Vukubi het verduidelik dat die voetganger glo een van twee was wat die pad oorgesteek het toe ’n motorfietsryer hom tref.

Die polisie vermoed die man is ’n inwoner van Makhaza en is in sy laat twintigs of vroeë dertigs.

“Die voetganger het noodlottige beserings opgedoen en sy lyk is in die pad deur polisielede wat op die voorval reageer het, aangetref.

“Die motorfietsryer is ook in die voorval beseer,” het Vukubi gesê.

’n Klag van strafbare manslag word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak DistriksPos Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.